Skip to content. | Skip to navigation

Personal tools

Navigation

You are here: Home / News / Community / Rekord aantal ruiters dié naweek

Rekord aantal ruiters dié naweek

Gesinspret en perde-aksie by Mega Park 24 -25 Julie 2015

“Belangstellendes wat Saterdagaand die prysuitdeling wil bywoon is ook baie welkom. Kaartjies vir die funksie kan teen R150 per persoon by esther@agrimega.co.za bekom word. Dit sluit ‘n heerlike ete en dans om 19:00 by Mega Park in.” 

Sy sê almal wat perde, perdesport en heerlike saamkuier is welkom. Mega Park is die hele Vrydag en Saterdag, met oorgenoeg parkering, gratis oop vir almal wat ‘n naweeKomende naweek is die snoesige binnenshuise uitstalsentrum by Mega Park, Bredasdorp die plek om te wees. Dit is waar die vierde FEI***/ERASA Tip of Africa perde uithourit, met internasionale ruiters, nasionale ruiters en ‘n unieke dubbele rondte uithouritte Vrydag en Saterdag plaasvind. 

Boonop is daar perderas demonstrasies en – bekendstellings; perderitte en perdekar-ritte, asook inspan demonstrasies waar tot vier perde gelyktydig ingespan sal word. So of dit warmer, koud of nat is kan die hele gesin uitsien om van die wêreld se voorste ruiters in aksie te sien e nook ‘n heerlike plaasmark en talle diere te geniet. 

Die hooforganiseerder en Suid-Afrikaanse ruiter, Naomi Müller is vuur en vlam oor vanjaar se belangstelling. Verskeie ruiters het reeds vir dubbele ritte, met verskillende perde ingeskryf en sal byvoorbeeld die 160km en die 120km of die 160km en die 80km aanpak. So salm sekere ruiters binne twee dae, op twee verskillende perde en sonder die tradisionele rusdag,  vir 280km in die saal wees.  

Ruiters van so ver as die Verenigde Koningkryk, Verenigde Arabiese Emirate, Namibië en Frankryk word verwag. Verskeie ruiters met Suid-Afrikaanse kleure neem deel. Wat besoekers betref staan die Britte se Nicky Thorne, wat reeds verskeie internasionale titels losgery het, saam met Müller en verskeie ander nasionale ruiters uit.  

Vrydag  is die 160km, 120km, 80km en 40km op die spyskaart en Saterdag ‘n 120km, 80km, 40km en 30km. Vanjaar se rit word ondersteun deur Agruma, Epol Equine, Mega Groep, Equi Feeds en Planet Feeds. 

Mega Groep se projekbestuurder, Esther Möller bevestig dat daar reeds nou al meer inskrywings as in 2014 of enige van die vorige jare vir die Tip, soos die rit alom bekend is, ontvang is. Dit is ook duidelik dat die 80km die gewildste gaan wees. Dit is uitstekende nuus vir die Overberg, waar die SACI Drie-nasies ook einde Mei 2016 plaasvind. 

Müller voeg by: “Hierdie naweek is ‘n geleentheid wat Wes-Kapenaars en veral perdeliefhebber en ruiters nie mag misloop nie. Buiten vir die internasionale ruiters en van die land se beste uithou-perde kan ek julle verseker dat dit ‘n gesinsgeleentheid gaan wees wat plaaslike inwoners nie wil misloop nie. Die hekke is vanaf 05:00 die oggend tot 17:00 op Vrydag en Saterdag oop.”

Met ruiters van so ver as Brittanje, die Verenigde Arabiese Emirate, Namibië en van Suid-Afrika se voorste uithou-sterre beloof vanjaar se FEI***/ERASA Tip of Africa Uithourit as voorloper vir die 2016 SACI Drie-nasies Uithourit op die park, nou reeds uitstekende prestasies op te lewer. 

 “Ons weet hierdie is ‘n puik roete en een van min, indien enige, uithouritte ter wêreld wat met ‘n binnehuise 8 000m² perde versorgingseenheid, veearts-kotrolepunt, opwarmingsbaan en drafbane spog. Ek nooi ons uithourit gemeenskap om in te skryf by www.xrc.co.za  of om my te kontak by noami@shabachstud.co.za / 082 783 1802.”

Navrae:   Esther Möller: 072 705 9150 / 028 424 2890 of esther@agrimega.co.za  

Our Presenters
Mhlangabezi Sithonga
Adrian Louw
André Vaynol
David Lowe
Nelia Louw
Janet Marshall
Toekie Oberholzer
Pieter van Aswegen
Mik Long
Master Blaq
Daniel Morake
Bongo Mandoyi
Manie Kitching
Michael Range
Miranda Savage
George
Stoffel su Toit
Claudia
Anne Krebs
Heidi Scrooby
Petrovna
Contact Us

Whale Coast Media

Gateway Centre, Hermanus, 7200

PO Box 79, Kleinmond 7195

T: (028) 312 2314

F: (086) 545-6903

M: admin@whalecoastfm.co.za

Facebook Like Box