Skip to content. | Skip to navigation

Personal tools

Navigation

You are here: Home / News / Culture / Aero-koek

Aero-koek

Lewer 1 laagkoek
Bereiding: 20 minute
Baktyd: 40-60 minute

Koek Bestanddele:
4 eiers, geskei
250 ml (1 k) strooisuiker
125 ml (½ k) kookwater
125 ml (½ k) olie
15 ml (1 e) bakpoeier
250 ml (1 k) koekmeel
7 ml (1½ t) kitskoffiekorrels
30 ml (2 e) kakao
5 ml (1 t) karamelgeursel

Versiersel:
100 g Aero sjokolade, in stukkies gebreek
125 ml (½ k) vars room, styf geklits
ekstra Aero sjokolade vir afronding

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n 20 cm-koekpan.

Koek:

Klits die eiergele en suiker saam tot lig en dik. Voeg die kookwater en olie by en klits goed.

Klits die eierwitte styf, vou 5 ml (1 t) van die bakpoeier in en hou eenkant.

Sif die koekmeel, orige bakpoeier, koffiekorrels en kakao saam. Voeg by die eiergeelmengsel en vou in.

Vou die styfgeklitste eierwit by die eiergeelmengsel in. 

Voeg die geursel by en skep in die voorbereide koekpan.

Bak 40-60 minute of tot ’n toetspen skoon uit die middel van die koek kom. Laat die koek effens in die pan afkoel, keer uit en laat heeltemal afkoel op ’n draadrak.

Verdeel in drie lae.

Versiersel:

Smelt die sjokolade in ’n glasbak by hoog in die mikrogolfoond of oor kookwater terwyl jy gereeld roer. 

Vou die room daarby in.

Smeer die versiersel oor elk van die koeklae en stapel die koeklae op mekaar.

 Krummel die ekstra Aerosjokoladestukkies bo-op.

Our Presenters
Mhlangabezi Sithonga
Adrian Louw
André Vaynol
David Lowe
Petrovna Metelerkamp
Nelia Louw
Janet Marshall
Toekie Oberholzer
Anne Krebs
Pieter van Aswegen
Heidi Scrooby
Mik Long
Master Blaq
Daniel Morake
Contact Us

Whale Coast Media

Gateway Centre, Hermanus, 7200

PO Box 79, Kleinmond 7195

T: (028) 312 2314

F: (086) 545-6903

M: admin@whalecoastfm.co.za

Facebook Like Box