Skip to content. | Skip to navigation

Personal tools

Navigation

You are here: Home / News / Culture / Bar One Sjokoladefudge Poeding en Bar One Vla

Bar One Sjokoladefudge Poeding en Bar One Vla

Die beste is dat jy dit sommer in die mikrogolfoond bak, vir net 10 minute. Vinnig én maklik! As jy al jou bestanddele voor die tyd gereed kry kan jy dit vinnig-vinnig maak net nadat julle geëet het.

MENG:

1 koppie (250 ml) koekmeel, 

1 eetlepel (15 ml) bakpoeier, 

1 ml sout, 

30 ml kakao 

200 ml bruinsuiker saam. 

Sny 1 55 g Bar-one in klein blokkies en meng dit met die droë bestanddele.

Smelt 60 ml botter of margarien. 

Klits dan 1 eier, 175 ml melk en 5 ml vanielje- of karamelgeursel daarby.

Meng die nat bestanddele by die droë bestanddele met 'n draadklitser.

Smeer 'n vierkantige mikrogolfoondvastebak, van 20 cm. Skep die deeg in die gesmeerde bak.

Meng 250 ml water, 100 ml bruinsuiker en 25 ml kakao.

Mikrogolf op hoog vir 2 minute. Roer en plaas terug vir nog 3 minute. Gooi die warm sous bo-oor die deeg.

Bak vir 10 minute in die mikrogolfoond op hoog.

Bedek en laat vir 3 minute staan voordat jy dit met roomys en Bar-one-vla opdien.

 

VIR DIE BAR ONE VLA:

Die eenvoudigste manier om gewone vla op te kikker!

1 55 g Bar-one

1 klein boksie vla (500 g)

Sny die Bar-one in klein blokkies. (Wat wed ek jou jy gaan 'n stukkie steel?)

Meng dit met die vla in 'n klein kastrol en smelt die sjokolade oor 'n lae hitte in die vla, terwyl jy dit voortdurend roer.

Bedien saam met warm Bar-one-sjokoladefudgepoeding.

Our Presenters
Mhlangabezi Sithonga
Adrian Louw
André Vaynol
David Lowe
Petrovna Metelerkamp
Nelia Louw
Janet Marshall
Toekie Oberholzer
Anne Krebs
Pieter van Aswegen
Heidi Scrooby
Mik Long
Master Blaq
Daniel Morake
Contact Us

Whale Coast Media

Gateway Centre, Hermanus, 7200

PO Box 79, Kleinmond 7195

T: (028) 312 2314

F: (086) 545-6903

M: admin@whalecoastfm.co.za

Facebook Like Box