Skip to content. | Skip to navigation

Personal tools

Navigation

You are here: Home / News / Culture / Bier Braaibroodjies

Bier Braaibroodjies

Franse braaibrood en braaibroodjies in een, gemaak met bierbrood. Maar pleks van die brood in eier doop soos die Franse dit doen, word die eier by die vulsel ingemeng en die broodjies dan oor die kole gerooster.

BIER BRAAIBROODJIES 

Lewer 4-6 braaibroodjies

Bereidingstyd: 15 minute

Gaarmaaktyd:

Brood: 40-45 minute

Braaibroodjies: 10-15 minute

BIERBROOD

500 g bruismeel

5 ml (1 t) sout

1 blik (340 ml) bier

1 blik (410 g) pitmielies, gedreineer

’n bietjie sout

 

VULSEL

200 g gerasperde mozzarellakaas

2 eiergele

60 ml (¼ k) elk gekapte grasuie, basilie en pietersielie

60 ml (¼ k) sondroëtamatiepesto

sout en peper

olie vir smeer

 

Voorverhit die oond tot 180 °C.

Spuit ’n broodpannetjie met kossproei.

Bierbrood

Meng alles en druk in die broodpan. Bak 40-45 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom. Keer op ’n

draadrak uit en laat heeltemal afkoel. Sny versigtig in skywe.

Vulsel

Meng alles behalwe die pesto en geur met die sout en peper.

Smeer die broodskywe met die pesto, verdeel die vulsel tussen die helfte van die broodjiesnye en maak toebroodjies met die orige snye.

Smeer met die olie en braai op ’n rooster oor matige kole tot die kaas gesmelt en die broodjies goudbruin is. Sit dadelik voor. 


Our Presenters
Mhlangabezi Sithonga
Adrian Louw
André Vaynol
David Lowe
Nelia Louw
Janet Marshall
Toekie Oberholzer
Pieter van Aswegen
Mik Long
Master Blaq
Daniel Morake
Bongo Mandoyi
Manie Kitching
Michael Range
Miranda Savage
George
Stoffel su Toit
Claudia
Anne Krebs
Heidi Scrooby
Petrovna
Contact Us

Whale Coast Media

Gateway Centre, Hermanus, 7200

PO Box 79, Kleinmond 7195

T: (028) 312 2314

F: (086) 545-6903

M: admin@whalecoastfm.co.za

Facebook Like Box