Skip to content. | Skip to navigation

Personal tools

Navigation

You are here: Home / News / Culture / Biltongslaai met ’n portreduksie

Biltongslaai met ’n portreduksie

Lewer 10-12 voorgereg-porsies

Reduksie
350 ml port
100 ml sterk rooibostee
80 ml sagte bruinsuiker
’n klein stukkie steranys
3 heel naeltjies

Slaai
250 ml (1 k) bevrore ertjies
100 g dun groenboontjies, gehalveer
70 g roketblare
½ komkommer, in repies gesny
1 avokado, in kwarte en dan dun skyfies gesny
100-125 g biltongskyfies

  1. Reduksie: Plaas al die bestanddele in ’n vlak kastrol of braaipan met ’n wye basis sodat dit so eweredig as moontlik kan prut. Verhit oor matige hitte en roer tot die suiker opgelos is.
  1. Prut 10-12 minute sonder ’n deksel en verlaag hitte effens indien nodig. Die sous moenie te vinnig kook nie. Toets die sous se dikte – dit behoort in ’n konstante stroom van ’n teelepel af te loop of die agterkant van ’n metaallepel te bedek. Laat ’n bietjie sous in ’n piering afkoel en toets dit dan as jy nie seker is nie.
  2. Prut nog 5-7 minute of tot die sous ’n stroop begin vorm. Wees versigtig, want op dié stadium verdik dit redelik vinnig, so toets gedurig die konsistensie. Moenie die sous te ver laat kook nie, want dit kan té taai word en sal later maklik aanbrand.
  1. Slaai: Bedek intussen die ertjies en boontjies met kookwater. Laat vir ’n paar minute staan. Dreineer, spoel af met koue water en dreineer. Laat afkoel.
  1. Plaas slaaibestanddele in individuele bakkies en drup reduksie oor. Sit dadelik voor.

Wenke
1. In die somer is druiwe heerlik in die slaai.
2. Voeg gekrummelde feta by of sprinkel neute, dukkah of sade bo-oor.
3. Die reduksie is lekker met bees- of wildsfilette of oor vanieljeroomys. Camembert of brie is perfek saam met die reduksie. Gebruik dit in ’n slaai of op ’n kaasbord.
4. Die reduksie kan reeds ’n week vooraf gemaak word.


Besoek: http://www.heleenmeyer.co.za/recipes/suid-kaapse-fynproewersgilde-dem/

Our Presenters
Mhlangabezi Sithonga
Adrian Louw
André Vaynol
David Lowe
Petrovna Metelerkamp
Nelia Louw
Janet Marshall
Toekie Oberholzer
Anne Krebs
Pieter van Aswegen
Heidi Scrooby
Mik Long
Master Blaq
Daniel Morake
Contact Us

Whale Coast Media

Gateway Centre, Hermanus, 7200

PO Box 79, Kleinmond 7195

T: (028) 312 2314

F: (086) 545-6903

M: admin@whalecoastfm.co.za

Facebook Like Box