Skip to content. | Skip to navigation

Personal tools

Navigation

You are here: Home / News / Culture / Blomkool Kaastert

Blomkool Kaastert

KORS:

4 koppies rou, gerasperde aartappel

1 eier geklits

½ teelepel sout

¼ koppie gerasperde ui

VULSEL:

1 Knoffelhuisie fyngedruk

1 koppie gerasperde ui

3 eetlepels botter

1 teelepel tiemie

1 medium blomkool in blommetjies gesny (+/- 700g)

½ teelepel basil

½ teelepel sout

½ teelepel varsgemaalde swartpeper

1koppie gerasperde cheddar kaas

2 eiers

¼ koppie melk

Paprika

METODE:

Plaas aartappels in vergietes, sprinkel met sout, laat staan 10 minute, druk soveel moontlik vloeistof uit en meng die res van die kors bestandele daarby. 

Sit in oondvaste bak, druk onder en teen kante vas. 

Bak vir 30 minute teen 200°C, verf dan liggies met olie en bak tot dit begin verbruin.

Haal uit die oond en hou eenkant.

Verlaag hitte tot 190°C. 

Soteer die knoffel en ui in botter, voeg blomkool en kruie by en geur. Verlaag hitte, bedek en prut vir 10 minute, verwyder van hitte. 

Plaas helfte van kaas in die kors, skep blomkoolmengsel bo-op, en eindig met kaas bo-op. 

Klits eiers en melk saam, gooi oor kool, sprinkel met paprika. 

Bak vir 45 minute tot stewig.

Wenk: Jy kan ook gesnipperde spek, bros gebraai bo-oor strooi

Our Presenters
Mhlangabezi Sithonga
Adrian Louw
André Vaynol
David Lowe
Petrovna Metelerkamp
Nelia Louw
Janet Marshall
Toekie Oberholzer
Anne Krebs
Pieter van Aswegen
Heidi Scrooby
Mik Long
Master Blaq
Daniel Morake
Contact Us

Whale Coast Media

Gateway Centre, Hermanus, 7200

PO Box 79, Kleinmond 7195

T: (028) 312 2314

F: (086) 545-6903

M: admin@whalecoastfm.co.za

Facebook Like Box