Skip to content. | Skip to navigation

Personal tools

Navigation

You are here: Home / News / Culture / Bruschetta - Klein Knopie Sampioene

Bruschetta - Klein Knopie Sampioene

Bruschette is 'n wonderlike manier om mee te onthaal. Wat bo-op 'n bruschetta kom kan vooraf gemaak word en die meeste bestanddele kan jy klaar by deli's koop

Hoe maak jy 'n bruschetta?
1. Sny brood in snye van ongeveer 2 cm dik.
2. Maak ’n riffelpan baie warm op ’n plaat en sit een sny brood in die pan en druk dit effens plat met ’n eierspaan.
3. Draai om en rooster aan die ander kant.
4. Lig uit die pan, en moenie bekommerd wees as die rante effens gebrand is nie.
5. Sny ’n knoffelhuisie in die helfte en vryf oor die sny brood.
6. Gooi heelwat olyfolie oor.

KLEIN KNOPPIE SAMPIOENE EN VARS TAMATIE BRUSCHETTA: 
Plaas 250g klein knopiesampioene in ’n bakplaat en gooi heelwat olyfolie oor. Sit ook 10 afgeskilde knoffelhuisies op die bakplaat. Bak dit in die oond teen 180°C vir sowat 15 minute. Neem 1 groot tamatie, sny dit in die helfte en druk die pitte en sap ’n bietjie uit. Sit dit in ’n bak en gooi olyfolie oor en geur dit met sout en swartpeper. Sit 2 stukke tamatie op die brood en daarna die sampioene. Diegene wat van ’n “byt” hou, kan ’n teelepel gemarineerde brandrissie opsit. Jy kabn ook tiemie of basiliekruidblare bo-op sit en ook Mozzarellakaas repies.

Our Presenters
Mhlangabezi Sithonga
Adrian Louw
André Vaynol
David Lowe
Petrovna Metelerkamp
Nelia Louw
Janet Marshall
Toekie Oberholzer
Anne Krebs
Pieter van Aswegen
Heidi Scrooby
Mik Long
Master Blaq
Daniel Morake
Contact Us

Whale Coast Media

Gateway Centre, Hermanus, 7200

PO Box 79, Kleinmond 7195

T: (028) 312 2314

F: (086) 545-6903

M: admin@whalecoastfm.co.za

Facebook Like Box