Skip to content. | Skip to navigation

Personal tools

Navigation

You are here: Home / News / Culture / Cappuccino-Tert

Cappuccino-Tert

LEWER 1 TERT VAN 24 CM

Bereiding: 25 minute
Verkoeltyd: oornag

2 pakke (200 g elk) Tennisbeskuitjies
500 ml (2 k) vars room, verkoel
1 blik (360 g) karamelkondensmelk
25 ml (5 t) sterk swart koffie
1 groot (100 g) Aero-sjokolade
4 groot (100 g elk) grondboon-
broslekkers (peanut brittle)
125 ml (½ k) gemengde neute, grof gekap

  1. Plaas ’n laag Tennisbeskuitjies op die boom van ’n tertbak van 24 cm.
  2. Klits die room tot styf. Voeg die karamelkondensmelk en koffie by en klits liggies tot glad.
  3. Druk die sjokolade en broslekkers met ’n rolstok fyn.
  4. Skep ’n laag van die karamelmengsel oor die Tennisbeskuitjies in die bak en sprinkel ’n laag sjokolade en broslekkers oor. Hou ’n paar beskuitjies eenkant en herhaal tot die koekies en vulselbestanddele op is.
  5. Druk die orige beskuitjies fyn en sprinkel dit saam met die neute oor die tert. Plaas oornag in die yskas om te stol.
Our Presenters
Mhlangabezi Sithonga
Adrian Louw
André Vaynol
David Lowe
Petrovna Metelerkamp
Nelia Louw
Janet Marshall
Toekie Oberholzer
Anne Krebs
Pieter van Aswegen
Heidi Scrooby
Mik Long
Master Blaq
Daniel Morake
Contact Us

Whale Coast Media

Gateway Centre, Hermanus, 7200

PO Box 79, Kleinmond 7195

T: (028) 312 2314

F: (086) 545-6903

M: admin@whalecoastfm.co.za

Facebook Like Box