Skip to content. | Skip to navigation

Personal tools

Navigation

You are here: Home / News / Culture / Eiervrugkaasgebak

Eiervrugkaasgebak

Hierdie eenvoudige gereg van lae groente en kaas kan by moussaka kers vashou

  
Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 15 min.
Gaarmaak: 1 uur 

3 eiervrugte, in skywe gesny
45 ml (3 e) olyfolie
1 ui, fyn gekap
2 knoffelhuisies
5 ml (1 t) droë oreganum
800 g heel kersietamaties
sout en peper na smaak
5 ml (1 t) rooiwynasyn
’n hand vol basilie
100 g pecorinokaas, gerasper
150 g mozzarella

Voorverhit die oond tot 200 C.

Verhit ’n roosterpan oor hoë hitte. Rooster eiervrug 3 minute weerskante en sit eenkant. Verhit olyfolie in ’n groot pot oor matige hitte. Voeg die ui, knoffel en droë origanum by en braai tot sag. Voeg die tamaties by en laat prut 15 minute.

Wanneer die sous verminder het, geur, voeg die asyn en basilie by en kook nog 5 minute.

Skep ’n dun laag tamatiesous in ’n oondvaste bak, voeg 30 ml (2 e) pecorinokaas by en ’n laag eiervrug. Hou aan lae pak tot al die bestanddele gebruik is.

Bestrooi met die mozzarella. Bak ’n halfuur of tot goudbruin.

Our Presenters
Mhlangabezi Sithonga
Adrian Louw
André Vaynol
David Lowe
Nelia Louw
Janet Marshall
Toekie Oberholzer
Pieter van Aswegen
Mik Long
Master Blaq
Daniel Morake
Bongo Mandoyi
Manie Kitching
Michael Range
Miranda Savage
Stoffel su Toit
Claudia
Anne Krebs
Heidi Scrooby
Petrovna
Contact Us

Whale Coast Media

Gateway Centre, Hermanus, 7200

PO Box 79, Kleinmond 7195

T: (028) 312 2314

F: (086) 545-6903

M: admin@whalecoastfm.co.za

Facebook Like Box