Skip to content. | Skip to navigation

Personal tools

Navigation

You are here: Home / News / Culture / Frikkadelle in tamatiesous

Frikkadelle in tamatiesous

Genoegvir 4-6

 

4 snye bruinbrood, korsies verwyder

125 ml (½ k) Griekse jogurt

30 ml (2 e) avokado-olie

1 ui, fyngekap

2 knoffelhuisies, gekneus

1 wortel en 1 kort selderystingel, fyn gerasper

60 ml (4 e) gekapte pietersielie

fyngerasperde skil van 1 suurlemoen

sout en gemaalde swartpeper

10 ml (2 t) mosterdpoeier

750 g beesmaalvleis

720 ml (1 bottel) pasata* 

 

(*pasata is gebottelde Italiaanse tamatiepuree en is meer souserig as die geblikte soort. Kyk by die geblikte tamatie- en pasta-afdeling in jou supermark.)

 

1. Voorverhit oond tot 180 °C.

2. Week die brood in die jogurt tot sag. Hou eenkant.

3. Verhit die olie in ’n groot pan oormatige hitte en soteer die ui, knoffel, wortel, seldery, pietersielie, suurlemoenskil en mosterdpoeier saam daarin. Geur na smaak. 

4. Meng die maalvleis, groente en broodmengsel in ’n mengbak.

5. Rol die maalvleis in balletjies en sit in ’n oondvastebak. Gooi die pasata oor en bak vir 40 min. of tot goudbruin. Sit voor met penne-pasta.

Our Presenters
Mhlangabezi Sithonga
Adrian Louw
André Vaynol
David Lowe
Petrovna Metelerkamp
Nelia Louw
Janet Marshall
Toekie Oberholzer
Anne Krebs
Pieter van Aswegen
Heidi Scrooby
Mik Long
Master Blaq
Daniel Morake
Contact Us

Whale Coast Media

Gateway Centre, Hermanus, 7200

PO Box 79, Kleinmond 7195

T: (028) 312 2314

F: (086) 545-6903

M: admin@whalecoastfm.co.za

Facebook Like Box