Skip to content. | Skip to navigation

Personal tools

Navigation

You are here: Home / News / Culture / Gebakte Appels met Meringue Bolaag

Gebakte Appels met Meringue Bolaag

Salig soet en maklik om te maak. Jy kan ook vla saam voorsit. (Genoeg vir 6)

Bestanddele

6 granny smith- groen appels
75 g (90 ml) botter
sowat 10 ml fyn kaneel
70 g (90 ml) suiker
2 eierwitte
50 g (60 ml) strooisuiker

Metode:

Verhit oond tot 180 °C. Ontklok die appels, m.a.w. haal die pitgedeelte van die appel uit met ’n appelboor. Plaas appels in oondbraaibak. Plaas ’n groot stuk botter in die opening en sprinkel kaneel en suiker bo-op. Plaas in oond en bak tot appels sag is – dit sal sowat 35 minute duur, na gelang van hoe groot die appels is. Klits intussen die eierwitte tot stywe-punt-stadium (sien kassie op die web – “Só klits jy eierwitte styf“) met ’n elektriese menger. Voeg strooisuiker lepel vir lepel by terwyl jy heeltyd klits. Haal appels uit oond en skep meringue bo-op. Plaas terug in oond en bak verder tot meringue begin verbruin. Haal uit en sit warm voor.

Our Presenters
Mhlangabezi Sithonga
Adrian Louw
André Vaynol
David Lowe
Petrovna Metelerkamp
Nelia Louw
Janet Marshall
Toekie Oberholzer
Anne Krebs
Pieter van Aswegen
Heidi Scrooby
Mik Long
Master Blaq
Daniel Morake
Contact Us

Whale Coast Media

Gateway Centre, Hermanus, 7200

PO Box 79, Kleinmond 7195

T: (028) 312 2314

F: (086) 545-6903

M: admin@whalecoastfm.co.za

Facebook Like Box