Skip to content. | Skip to navigation

Personal tools

Navigation

You are here: Home / News / Culture / Glutenvrye Karringmelkskons

Glutenvrye Karringmelkskons

Maak: 12-16

Bereidingstyd: 15 minute

Baktyd: 12-15 minute

Oondtemperatuur: 200 ˚C

 

500 ml (290 g) glutenvrye meelmengsel (daar moet xantaan-gom in wees) (Xanthan gum)

15 ml bakpoeier

25 ml strooisuiker

135 ml (125 g) koue botter, in blokkies gesny

1 groot eier

100 ml karringmelk

60 ml water of melk

vars room en aarbeikonfyt om voor te sit

 

METODE:

Sif die meel, bakpoeier, suiker en 2 ml sout saam in ’n groot bak.

Vryf die botter by die droë bestanddele in tot die mengsel soos fyn broodkrummels lyk. Werk vinnig sodat die mengsel nie warm word nie.

Meng die eier, karringmelk en water of melk saam in ’n aparte bak. Maak ’n holte in die middel van die droë bestanddele en gooi die nat bestanddele daarin. Gebruik ’n stomp mes en sny liggies deur die mengsel om die nat en droë bestanddele te meng. Druk die meel aan die kante liggies by die mengsel in om ’n sagte deeg te vorm. Moenie knie of te veel meng nie.

Druk die deeg liggies op kleef- plastiek uit tot 2-3 cm dik. Druk ’n skon- of ronde koekiedrukker in ekstra meel en druk skons uit. Pak op ’n gevoerde bakplaat en bak vir 12 tot 15 minute in die verhitte oond. 

Laat vir ’n paar minute afkoel en sit voor met geklopte vars room en aarbeikonfyt

Our Presenters
Mhlangabezi Sithonga
Adrian Louw
André Vaynol
David Lowe
Nelia Louw
Janet Marshall
Toekie Oberholzer
Pieter van Aswegen
Mik Long
Master Blaq
Daniel Morake
Bongo Mandoyi
Manie Kitching
Michael Range
Miranda Savage
George
Stoffel su Toit
Claudia
Anne Krebs
Heidi Scrooby
Petrovna
Contact Us

Whale Coast Media

Gateway Centre, Hermanus, 7200

PO Box 79, Kleinmond 7195

T: (028) 312 2314

F: (086) 545-6903

M: admin@whalecoastfm.co.za

Facebook Like Box