Skip to content. | Skip to navigation

Personal tools

Navigation

You are here: Home / News / Culture / Gnocchi met spinasie en boerewors

Gnocchi met spinasie en boerewors

Die resep is maklik en vinnig. Jy kan die gereg binne 15 minute voorsit.

Genoeg vir 2

• 500 g gnocchi
• 300 g dun boerewors
• 40 ml olyfolie
• 1 knoffelhuisie, fyngekap
• 125 ml tamatiepuree
• 100 g baba-spinasieblare
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 100 g parmesaankaas, fyngerasper

Bring ’n kastrol met water tot kookpunt. Kook gnocchi volgens aanwysings op pak en dreineer. Hou eenkant. Sny wors in stukke van sowat 3 cm. Verhit olyfolie in ’n pan en voeg wors by. Braai wors tot gaar en voeg knoffel en tamatiepuree by. Braai nog sowat 5 minute. Voeg spinasieblare by en braai tot spinasie net verlep is. Geur met sout en peper. Voeg gnocchi by en meng versigtig deur. Sit dadelik voor met parmesaankaas.

Our Presenters
Mhlangabezi Sithonga
Adrian Louw
André Vaynol
David Lowe
Nelia Louw
Janet Marshall
Toekie Oberholzer
Pieter van Aswegen
Mik Long
Master Blaq
Daniel Morake
Bongo Mandoyi
Manie Kitching
Michael Range
Miranda Savage
George
Stoffel su Toit
Claudia
Anne Krebs
Heidi Scrooby
Petrovna
Contact Us

Whale Coast Media

Gateway Centre, Hermanus, 7200

PO Box 79, Kleinmond 7195

T: (028) 312 2314

F: (086) 545-6903

M: admin@whalecoastfm.co.za

Facebook Like Box