Skip to content. | Skip to navigation

Personal tools

Navigation

You are here: Home / News / Culture / Grenadellapoeding

Grenadellapoeding

Dié ligte poeding maak ‘n mens sommer in ‘n japtrap. Jy kan ook die grenadellamoes vervang deur appelsous of ingemaakte pynappelmoes te gebruik. Sit dit voor met room of vla.

Lewer 4 – 6 porsies

Bestanddele:

  • 100 g (125 ml) suiker
  • 50 g (60 ml) botter
  • 2 eiers, geskei
  • 50 g (75 ml) koekmeelblom
  • 300 ml melk (volroom)
  • 1 blikkie (115 g) grenadellamoes (of die moes van 3 vars grenadellas)

Metode:

1. Voorverhit die oond tot 160°C (325°F). Smeer ‘n oondvaste bak van 15 x 25 x 5 cm. 2. Klop die suiker en botter saam tot goed gemeng. 3. Voeg die eiergele by en meng goed. 4. Klop die koekmeelblom, melk en grenadellamoes by. 5. Klits die eierwitte tot styf en vou dit liggies in die mengsel in. 6. Skep dit in die bak. Bak dit 30 minute lank.

Our Presenters
Mhlangabezi Sithonga
Adrian Louw
André Vaynol
David Lowe
Nelia Louw
Janet Marshall
Toekie Oberholzer
Pieter van Aswegen
Mik Long
Master Blaq
Daniel Morake
Bongo Mandoyi
Manie Kitching
Michael Range
Miranda Savage
George
Stoffel su Toit
Claudia
Anne Krebs
Heidi Scrooby
Petrovna
Contact Us

Whale Coast Media

Gateway Centre, Hermanus, 7200

PO Box 79, Kleinmond 7195

T: (028) 312 2314

F: (086) 545-6903

M: admin@whalecoastfm.co.za

Facebook Like Box