Skip to content. | Skip to navigation

Personal tools

Navigation

You are here: Home / News / Culture / Groente Bolognaise

Groente Bolognaise

Die fyn gekapte sampioene in hierdie vegetariese gereg gee die heilsame smaak wat maalvleis gewoonlik sou gee.

Genoeg vir 4-6 mense
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 20 min.

15 ml (1 e) olyfolie
4 sprietuie, in skywe gesny
1 selderystingel, in skywe gesny
300 g sampioene, gekap
2 wortels, in blokkies gesny
3 knoffelhuisies, fyn gekap
5 ml (1 t) vinkelsaad, fyngedruk
1 ml (¼ t) brandrissievlokkies
15 ml (1 e) tamatiepasta
2 x 400 g-blikke heel kersietamaties
100 g babaspinasie
350 g spaghetti
sout en peper

  1. Verhit die olie in ’n groot pan en braai die sprietuie, seldery, sampioene en wortels 5 min. tot versag terwyl jy die knoffel, vinkel en brandrissievlokkies inroer.
  2. Roer die tamatiepasta saam met die tamaties in en bring tot prutpunt. Laat prut 10 min. tot effens verdik en roer dan die spinasie deur.
  3. Bring intussen ’n groot kastrol water tot kookpunt en kook die spaghetti volgens die aanwysings op die verpakking.
  4. Dreineer en roer die bolognese-mengsel in. Geur met die sout en peper en sit voor.
Our Presenters
Mhlangabezi Sithonga
Adrian Louw
André Vaynol
David Lowe
Nelia Louw
Janet Marshall
Toekie Oberholzer
Pieter van Aswegen
Mik Long
Master Blaq
Daniel Morake
Bongo Mandoyi
Manie Kitching
Michael Range
Miranda Savage
George
Stoffel su Toit
Claudia
Anne Krebs
Heidi Scrooby
Petrovna
Contact Us

Whale Coast Media

Gateway Centre, Hermanus, 7200

PO Box 79, Kleinmond 7195

T: (028) 312 2314

F: (086) 545-6903

M: admin@whalecoastfm.co.za

Facebook Like Box