Skip to content. | Skip to navigation

Personal tools

Navigation

You are here: Home / News / Culture / Heel Gekookte Mexikaanse Eiers

Heel Gekookte Mexikaanse Eiers

Gee ’n gewone ou gekookte eiertjie ekstra skop met ’n tamatiesmoor wat byt.

JY BENODIG: 

(genoeg vir 6)

12 eiers

2 eetlepels olie

1 rooi ui, middeldeur en in dun skyfies gesny

2 knoffelhuisies, fyngekap

1 eetlepel kerriepoeier

2 teelepels borrie

1 blik (410 g) Mexikaans-gegeurde tamatie

sout en gemaalde swart peper

 

SO MAAK JY:

Sit die eiers in ’n groot kastrol vol koue water en verhit dit tot kookpunt. Kook dan die eiers vir presies 7 minute (dus vandat die water begin kook). Gooi die kookwater af en tap koue water oor die eiers. Laat staan dit vir 10 minute.

Dop die eiers af en hou hulle eenkant.

Verhit die olie in ’n kastrol en braai die ui en knoffel tot sag. Gooi die kerrie en borrie by en braai dit vir nog 3 minute.

Gooi nou die tamatie by, verhit die mengsel tot dit borrel en sit weer die eiers by tot alles deurwarm is. Skep die eiers en sous dan in ’n skoon glas fles en bêre dit in die yskas of sit dit dadelik voor.

Our Presenters
Mhlangabezi Sithonga
Adrian Louw
André Vaynol
David Lowe
Nelia Louw
Janet Marshall
Toekie Oberholzer
Pieter van Aswegen
Mik Long
Master Blaq
Daniel Morake
Bongo Mandoyi
Manie Kitching
Michael Range
Miranda Savage
George
Stoffel su Toit
Claudia
Anne Krebs
Heidi Scrooby
Petrovna
Contact Us

Whale Coast Media

Gateway Centre, Hermanus, 7200

PO Box 79, Kleinmond 7195

T: (028) 312 2314

F: (086) 545-6903

M: admin@whalecoastfm.co.za

Facebook Like Box