Skip to content. | Skip to navigation

Personal tools

Navigation

You are here: Home / News / Culture / Hoender en Broccoli Roerbraai

Hoender en Broccoli Roerbraai

15 ml olie

600 g hoenderborsies of -dye in repe gesny (sonder vel of been)

45 ml sjerrie of appelsap

30 ml sojasous

30 ml tamatiesous

30 ml soet rissiesous

5 ml mielieblom

1 kop broccoli, in klein stukkies gesny

1 ui, dun gesny

1 x 100 g pakkie geroosterde, gesoute kasjoeneute

 

METODE:

Verhit die olie in ’n wok of diep pan en braai die hoenderrepies daarin tot goudbruin. Meng die sjerrie (of sap), sojasous, tamatiesous, soet rissiesous en mielieblom saam en hou eenkant. 

Voeg die broccoli en ui by die hoender in die wok en braai vir sowat twee minute.

Voeg die sous by en braai tot klewerig. Sprinkel die neute oor en sit voor op gestoomde rys of noedels. Lewer vier porsies.

Our Presenters
Mhlangabezi Sithonga
Adrian Louw
André Vaynol
David Lowe
Nelia Louw
Janet Marshall
Toekie Oberholzer
Pieter van Aswegen
Mik Long
Master Blaq
Daniel Morake
Bongo Mandoyi
Manie Kitching
Michael Range
Miranda Savage
Stoffel su Toit
Claudia
Anne Krebs
Heidi Scrooby
Petrovna
Contact Us

Whale Coast Media

Gateway Centre, Hermanus, 7200

PO Box 79, Kleinmond 7195

T: (028) 312 2314

F: (086) 545-6903

M: admin@whalecoastfm.co.za

Facebook Like Box