Skip to content. | Skip to navigation

Personal tools

Navigation

You are here: Home / News / Culture / Hoendersop

Hoendersop

Gou gesond word en slaan daai Wintersgogga hok met hierdie Hoendersop resepte... deur Barbara Joubert

My ma het altyd gesê as jy effens olik voel, moet jy hoendersop eet.

(6 – 8 porsies)

  • 1 heel hoender
  • 45 ml olyfolie
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 2 groot wortels, in ringe gesny
  • 1 selderystingel, in skyfies gesny
  • 3 preie, in ringe gesny
  • 1 blik (400 g) gekapte tamaties
  • 1 liter hoenderaftreksel
  • 2 lourierblare
  • 3 vars takkies tiemie

Verhit oond tot 180 °C. Plaas hoender in oondbraaibak en gooi 30 ml van die olyfolie oor. Geur met sout en peper. Maak bak toe met tinfoelie en oondbraai 1½ uur. Wanneer jy die tinfoelie afhaal, sal jy sien die hoender het sy eie lekker sous gemaak. Moet dit nie weggooi nie. Verhit die oorblywende 15 ml olyfolie in ’n groot kastrol en braai ui, knoffel, wortels, seldery en preie tot sag en deurskynend. Voeg tamaties, aftreksel, lourierblare en tiemie by en geur met sout en peper. Plaas heel hoender en al die sous in kastrol met groente. Maak toe met deksel en bring tot kookpunt. Verlaag dan die temperatuur en laat prut 30 minute. Haal hoender uit en verwyder bene en vel. Breek hoender in groot stukke en voeg terug by sop. Laat net sowat 10 – 15 minute weer prut en sit warm voor.

 

MAAR HIERDIE KAN OOK GOED WERK - MISKIEN MAKLIKER…

 

  • ERNUSTA VAN WYNGAARD SKRYF:

  • DIE winter is die ideale seisoen om onder ’n warm kombers in te kruip of om voor ’n knetterende kaggelvuur te kuier, maar dit is ook ’n seisoen wat met lastige verkoues en ander siektes gepaardgaan.
    Hoendersop word gereeld aanbeveel vir mense wat las het van ’n verkoue of griep.

  • Hier volg ’n hoendersopresep:.
  • 1 heel hoender, skoongemaak en met die vel verwyder. (Ek, Heidi, verwyder dit egter eers nadat ek die hoender gekook het, want ek skep dan net die vet af) 
  • 3 groot uie, gekap

  • Sit die hoender in ’n groot kastrol en bedek met koue water. Laat kook die water.
  • Voeg die ui, patat, witwortel, rape en wortels by. Kook vir 90 minute. 
  • Verwyder die vet wat op die oppervlak saampak. 
  • Voeg die hoenderblokkie (hierdie is ongesond, ek, Heidi, beveel eerder Ina Paarman se hoenderaftreksel aan en is heerlik!) by, asook die pietersielie en seldery. 
  • Kook die mengsel vir sowat 45 minute. Verwyder die hoender, ontbeen dit en voeg slegs die vleis by die mengsel. Voeg sout en peper na smaak by.
Our Presenters
Mhlangabezi Sithonga
Adrian Louw
André Vaynol
David Lowe
Nelia Louw
Janet Marshall
Toekie Oberholzer
Pieter van Aswegen
Mik Long
Master Blaq
Daniel Morake
Bongo Mandoyi
Manie Kitching
Michael Range
Miranda Savage
George
Stoffel su Toit
Claudia
Anne Krebs
Heidi Scrooby
Petrovna
Contact Us

Whale Coast Media

Gateway Centre, Hermanus, 7200

PO Box 79, Kleinmond 7195

T: (028) 312 2314

F: (086) 545-6903

M: admin@whalecoastfm.co.za

Facebook Like Box