Skip to content. | Skip to navigation

Personal tools

Navigation

You are here: Home / News / Culture / Kerriemosselsop met aartappels en saffraan

Kerriemosselsop met aartappels en saffraan

Dié sop is 'n variasie van die klassieke mosselsop met aartappel, prei en ui. Verdubbel die hoeveelheid mossels of voeg 'n paar blokkies ferm wit vis by om die sop 'n maaltyd op sy eie te maak.

(6 Porsies) 

 

1 kg mossels, geskrop en afgespoel

1 wynglas droë wit wyn

4 e (60 ml) botter

1-2 t (5-10 ml) matige kerriepoeier

4 preie, fyn gekerf

3 mediumgroot aartappels, geskil en in blokkies gesny

1 lourierblaar

1 vis- of groente-aftreksel

/ t (2,5 ml) saffraandrade

1 klein bossie grasuie, gesnipper (vir garnering)

vars gemaalde swartpeper

 

Plaas die skoongemaakte mossels in 'n groot kastrol saam met die wyn. Bedek en kook oor hoë hitte. Skud die kastrol 'n paar keer tot die mossels oopgaan. Dit duur sowat 5 minute. Plaas 'n vergiettes oor 'n bak en gooi die mossels daarin.

Wees versigtig om nie van die vloeistof te mors nie. Laat die mossels afkoel.

Smelt die botter in 'n groot kastrol en roerbraai die kerriepoeier, preie en aartappels 5 minute lank. Dreineer die mosselvloeistof deur 'n moeseliendoek of fyn sif en voeg by die groente. Voeg die lourierblaar en aftreksel by en verhit tot kookpunt. Roer die saffraan by en prut 25 minute lank.

Verwyder intussen die skulpe van die meeste mossels en verwyder die een skulphelfte van die oorblywende mossels. Haal die lourierblaar uit die sop en versap die sop. Roer die mossels in en herverhit. Proe en geur. Sit voor met 'n sprinkeling grasuie en swartpeper.

Our Presenters
Mhlangabezi Sithonga
Adrian Louw
André Vaynol
David Lowe
Petrovna Metelerkamp
Nelia Louw
Janet Marshall
Toekie Oberholzer
Anne Krebs
Pieter van Aswegen
Heidi Scrooby
Mik Long
Master Blaq
Daniel Morake
Contact Us

Whale Coast Media

Gateway Centre, Hermanus, 7200

PO Box 79, Kleinmond 7195

T: (028) 312 2314

F: (086) 545-6903

M: admin@whalecoastfm.co.za

Facebook Like Box