Skip to content. | Skip to navigation

Personal tools

Navigation

You are here: Home / News / Culture / Koffiesjok Poeding

Koffiesjok Poeding

Koffie en sjokolade 2 van jou gunstelinge, dan is die poeding vir jou.... hemels, hemels!

Bestanddele:(genoeg vir 4-6 porsies)

 

1 kop bruismeel

2 jumbo eiers, geskei

halwe kop witsuiker

1 opgehoopte eetlpl kakao poeier

1 opgehoopte teelpl bakpoeier

sout - so mespunt

100ml kookolie

100ml kookwater

5ml vanielje

 

Metode:

 

Voorverhit oond 180°C

 

Klits eiers en suiker goed tot lig en donsig.

Sif die droë bestanddele saam en voeg by suiker mengsel.

Gooi olie, kookwater en vanielje by suiker mengsel.

Meng tot glad.Klits eierwitte styf. Vou eier witte in 

Skep in ’n gesmeerde oondbak.

Bak in vooraf verhitte oond op 180°C vir 40 minute.

 

Stroop

 

1 kop witsuiker

halwe kop water

250 ml vars room

1 teelpl vanieljegeursel

1 teelpl koffiepoeier

10 blokkies donker sjokolade 

 

Metode:

 

Kook suiker, room , water en koffie poeier saam vir 5 minute,

Gooi sjokolade stukke by, roer aanhoudend tot als gesmelt is

Haal af van plaat, gooi vanielje by.

Gooi oor poeding as dit uit die oond uitkom. 

Laat staan om af te koel en bedien met vars room of tuisgemaakte dik vla.

Our Presenters
Mhlangabezi Sithonga
Adrian Louw
André Vaynol
David Lowe
Nelia Louw
Janet Marshall
Toekie Oberholzer
Pieter van Aswegen
Mik Long
Master Blaq
Daniel Morake
Bongo Mandoyi
Manie Kitching
Michael Range
Miranda Savage
George
Stoffel su Toit
Claudia
Anne Krebs
Heidi Scrooby
Petrovna
Contact Us

Whale Coast Media

Gateway Centre, Hermanus, 7200

PO Box 79, Kleinmond 7195

T: (028) 312 2314

F: (086) 545-6903

M: admin@whalecoastfm.co.za

Facebook Like Box