Skip to content. | Skip to navigation

Personal tools

Navigation

You are here: Home / News / Culture / Kondensmelkkoekies

Kondensmelkkoekies

Lewer sowat 45 koekies.

 

Jy het nodig:

250 g sagte botter

1 blikkie (385 g) kondensmelk

5 ml vanieljegeursel

400 g koekmeel

90 g mielieblom

7,5 ml bakpoeier

’n knippie sout

 

Só maak ’n mens:

1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit twee panne met kleefwerende kossproei.

2. Klits die botter tot lig en romerig. Roer die kondensmelk daarby in. Voeg die vanielje by en meng deeglik.

3. Sif die meel, mielieblom, bakpoeier en sout saam. Voeg die meelmengsel by die bottermengsel en maak ’n deeg.

4. Rol ’n opgehoopte teelepelvol deeg in ’n klein balletjie. Herhaal totdat die deeg op is. Plaas die balletjies op die bakplate en druk elke balletjie effens plat met ’n vurk wat in koue water gedoop is.

5. Bak vir 15 minute, of tot liggoudbruin. Haal uit die oond en plaas dit op draadrakke om af te koel.

6. Indien jy verkies, kan jy die koekies twee-twee op mekaar plak met versiersel tussenin. Meng 100 g saggemaakte botter met 200 g gesifte versiersuiker.

Plaas ’n ruim hoeveelheid van die versiersel tussen elke twee koekies.

Our Presenters
Mhlangabezi Sithonga
Adrian Louw
André Vaynol
David Lowe
Nelia Louw
Janet Marshall
Toekie Oberholzer
Pieter van Aswegen
Mik Long
Master Blaq
Daniel Morake
Bongo Mandoyi
Manie Kitching
Michael Range
Miranda Savage
George
Stoffel su Toit
Claudia
Anne Krebs
Heidi Scrooby
Petrovna
Contact Us

Whale Coast Media

Gateway Centre, Hermanus, 7200

PO Box 79, Kleinmond 7195

T: (028) 312 2314

F: (086) 545-6903

M: admin@whalecoastfm.co.za

Facebook Like Box