Skip to content. | Skip to navigation

Personal tools

Navigation

You are here: Home / News / Culture / 'Laat vaar die dieet' aartappels

'Laat vaar die dieet' aartappels

Die naweek is hier en die aartappelgereg is perfek vir 'n lui aand of 'n kuiertjie saam vriende.

 

Bestanddele
- 8 medium aartappels 
- 1 blik ingedampte melk 
- 1 pakkie soppoeier [Hoenderroom, sampioen of aspersieroomsop] 
- 2 groot uie 
- 1 knoffelhuisie 
- 250g spek 
- Gerasperde kaas

Stoofplaat en Oond 
Kook die aartappels in hulle skille tot dat dit gaar is en laat dit dan afkoel. Verwyder dan die skille en sny idie aartappels in plat skywe.
Kook die melk en soppoeier saam tot dit dik is.
Braai die ui, die knoffel en die spek saam.
Voeg die bo-genoemde by die sop.
Voorverhit die oond tot 180 °C.
Pak nou lae aartappel in ‘n oondvaste bak en gooi die sop mengsel oor.
Laastens strooi kaas bo-oor aartappelgereg.
Plaas in die oond tot die kaas smelt.

Our Presenters
Mhlangabezi Sithonga
Adrian Louw
André Vaynol
David Lowe
Petrovna Metelerkamp
Nelia Louw
Janet Marshall
Toekie Oberholzer
Anne Krebs
Pieter van Aswegen
Heidi Scrooby
Mik Long
Master Blaq
Daniel Morake
Contact Us

Whale Coast Media

Gateway Centre, Hermanus, 7200

PO Box 79, Kleinmond 7195

T: (028) 312 2314

F: (086) 545-6903

M: admin@whalecoastfm.co.za

Facebook Like Box