Skip to content. | Skip to navigation

Personal tools

Navigation

You are here: Home / News / Culture / Lamsblad met Marmite-smeersel

Lamsblad met Marmite-smeersel

Hierdie is die lekkerste resep. Jy kan ook lamskenkels gebruik.

 

Smeersel:

1. 30 ml rooiwyn

2. 30 ml Marmite

3.  30 ml gladde Djion-mosterd

4. 30 ml sagte bruinsuiker

5. 30 ml olyfolie

6. 5 ml vars tiemie, gekap

Vleis:

1. Een groot lamsblad

2. 60 ml pienk peperkorrels

3. Maldon-soutvlokkies na smaak

4. 200 ml lamsaftreksel

Metode:

Voorverhit die oond tot 100 C. Kry 'n oondpan uit die kas. Meng al die bestanddele vir die smeersel goed saam en vryf die vleis goed daarmee in. Sprinkel die peperkorrels oor en geur met die sout. Plaas die vlies in die oondpan, voeg die aftreksel by, en bak die vleis onbedek in die oond vir ses tot sewe ure tot smulsag en gekarmelliseer. Sit warm of koud voor saam met granaatpitte en vars dadels.  Dit maak ses porsies.

Our Presenters
Mhlangabezi Sithonga
Adrian Louw
André Vaynol
David Lowe
Petrovna Metelerkamp
Nelia Louw
Janet Marshall
Toekie Oberholzer
Anne Krebs
Pieter van Aswegen
Heidi Scrooby
Mik Long
Master Blaq
Daniel Morake
Contact Us

Whale Coast Media

Gateway Centre, Hermanus, 7200

PO Box 79, Kleinmond 7195

T: (028) 312 2314

F: (086) 545-6903

M: admin@whalecoastfm.co.za

Facebook Like Box