Skip to content. | Skip to navigation

Personal tools

Navigation

You are here: Home / News / Culture / Macaroni & Kaas Koekies

Macaroni & Kaas Koekies

Vir 8. Voorbereityd 10 minute. Gaarmaaktyd 10 minute Dié koekies is bros aan die buitekant met ’n sagte, gesmelte binnekant. Dit gaan dalk jou are die skrik op die lyf jaag, maar dis smullekker! Die beslag sal vier dae in die yskas hou.

JY BENODIG:

1 koppie rou macaroni

½ koppie volroommelk

2 eetlepels mielieblom

4 eetlepels

’n knippie paprika

1 teelepel mosterd

sout na smaak

1 koppie sterk cheddar, gerasper

2 grasuie, fyngekap

1 koppie fyn broodkrummels

botter vir braai

SO MAAK JY:

Kook die macaroni in soutwater volgens die aanwysings op die pakkie. 

Dreineer die pasta sodra dit amper al dente (sag maar ferm) is. 

Spoel dit af met koue water.

Verhit die melk in ’n potjie tot kookpunt. 

Meng die mielieblom met 4 eetlepels water en roer dit deur die melk.

Hou aan roer totdat dit een keer gekook het en begin verdik.

As dit nie verdik nie, maak nog ’n bietjie mielieblom aan en roer dit deur. Verwyder die witsous van die hitte en geur dit na smaak met paprika, mosterd en sout.

Gooi die gedreineerde pasta, kaas en grasuie by die witsous en roer dit goed deur.

Gooi die krummels in ’n bak. Skep twee eetlepels van die macaronimengsel in die krummels en vorm ’n bol wat met krummels bedek is.

Verhit ’n pan, smelt die botter daarin en plaas ’n macaroni-bol daarin. 

Druk dit effens plat met ’n eierspaan en braai dit tot dit ’n bros goudbruin korsie aan die onderkant vorm. Wees geduldig. Draai die koekie versigtig met die eierspaan om en braai ook die ander kant tot goudbruin. 

As die koekies uitmekaar val, sprinkel ’n bietjie meel oor die macaronimengsel om dit te bind. 

Eet die koekies net so uit die pan terwyl die kaas nog sag is.

Our Presenters
Mhlangabezi Sithonga
Adrian Louw
André Vaynol
David Lowe
Nelia Louw
Janet Marshall
Toekie Oberholzer
Pieter van Aswegen
Mik Long
Master Blaq
Daniel Morake
Bongo Mandoyi
Manie Kitching
Michael Range
Miranda Savage
Stoffel su Toit
Claudia
Anne Krebs
Heidi Scrooby
Petrovna
Contact Us

Whale Coast Media

Gateway Centre, Hermanus, 7200

PO Box 79, Kleinmond 7195

T: (028) 312 2314

F: (086) 545-6903

M: admin@whalecoastfm.co.za

Facebook Like Box