Skip to content. | Skip to navigation

Personal tools

Navigation

You are here: Home / News / Culture / Nutella-brood

Nutella-brood

 

Wat jy nodig het:

  • 500 ml koekmeel
  • 2 ml sout
  • 15 ml suiker
  • 10 g gis
  • 125 ml louwarm water
  • 35 ml gesmelte botter
  • 1 eiergeel
  • 80 – 100 g Nutella

 

Metode:

1. Plaas droë bestanddele saam in ’n mengbak. Meng nat bestanddele goed.  Giet die nat beslag by die droë bestanddele en knie met die hand of ’n elektriese menger totdat die deeg bymekaarkom en elasties voel. Plaas in ’n bak met ’n druppel olie op die bodem, bedek met kleefplastiek en los op ’n warm plek om te rys tot dubbel die grootte.

2. Rol deeg sowat 3 – 4 mm dik uit op ’n meelbestrooide oppervlak.

3. Smeer die uitgerolde deeg met Nutella. Wees versigtig om nie té veel op te smeer nie. Los ook 2 cm aan die een kant oop om te verseker dat jou vulsel nie uitloop nie. Rol die deeg stadig op na die kant toe wat nie gesmeer is nie.

4. Sny die gerolde brood met ’n skêr in die lengte middeldeur.

5. Vleg nou die twee dele deeg

6. Bak op ’n voorbereide bakplaat vir ongeveer 30 minute. Sit dadelik voor of bêre in ’n lugdigte houer.

 


Our Presenters
Mhlangabezi Sithonga
Adrian Louw
André Vaynol
David Lowe
Nelia Louw
Janet Marshall
Toekie Oberholzer
Pieter van Aswegen
Mik Long
Master Blaq
Daniel Morake
Bongo Mandoyi
Manie Kitching
Michael Range
Miranda Savage
George
Stoffel su Toit
Claudia
Anne Krebs
Heidi Scrooby
Petrovna
Contact Us

Whale Coast Media

Gateway Centre, Hermanus, 7200

PO Box 79, Kleinmond 7195

T: (028) 312 2314

F: (086) 545-6903

M: admin@whalecoastfm.co.za

Facebook Like Box