Skip to content. | Skip to navigation

Personal tools

Navigation

You are here: Home / News / Culture / Oondgebakte Pampoen

Oondgebakte Pampoen

Veral heerlik met oondgebraaide lamsboud. Dis die tipe kos waarmee ek in die Karoo grootgeword het.

Genoeg vir 4 – 6

  • 1 middelslag-pampoen
  • sowat 60 g (65 ml) botter
  • 35 g (45 ml) suiker
  • 3 ml kaneel

1 Verhit oond tot 180 °C. Halveer pampoen en skep al die pitte uit. Gebruik een helfte vir hierdie resep. Bedek die ander helfte met kleefplastiek en hou in yskas.

2 Sny halwe pampoen in skywe van sowat 3 cm.

3 Sit in oondbraaibak en stip met botter.

4 Meng suiker en kaneel en sprinkel oor pampoen. Maak bak toe met tinfoelie en plaas in warm oond. Haal uit ná 30 minute en verwyder tinfoelie. Plaas terug in oond en oondbraai nog sowat 45 minute tot sag en suiker lekker gekaramelliseer het. Haal uit en sit warm voor.

Our Presenters
Mhlangabezi Sithonga
Adrian Louw
André Vaynol
David Lowe
Nelia Louw
Janet Marshall
Toekie Oberholzer
Pieter van Aswegen
Mik Long
Master Blaq
Daniel Morake
Bongo Mandoyi
Manie Kitching
Michael Range
Miranda Savage
George
Stoffel su Toit
Claudia
Anne Krebs
Heidi Scrooby
Petrovna
Contact Us

Whale Coast Media

Gateway Centre, Hermanus, 7200

PO Box 79, Kleinmond 7195

T: (028) 312 2314

F: (086) 545-6903

M: admin@whalecoastfm.co.za

Facebook Like Box