Skip to content. | Skip to navigation

Personal tools

Navigation

You are here: Home / News / Culture / Peppadew Quiche

Peppadew Quiche

Lewer 4 porsies. 

Voorbereide skilferkorsdeeg (puff pastry)
250 g spek, in repies gesny
1 ui, gekap
16 pikante rissies, fyn gekap (peppadews)
125 g roomkaas
3 eiers
250 ml melk
sout en peper na smaak

SO MAAK MENS:

Voorverhit die oond tot 200°C. Voer 'n quiche pannetjie van 18cm met die skilferkorsdeeg uit. Vul met bakpapier en rys of droë bone en bak blind vir 10 minute. Braai intussen die spek en ui in 'n pan tot gaar. Voeg die pikantrissies by, roer deur en verwyder van die hitte. Skep in die half-gaar tertkors. Klits die roomkaas, eiers en melk saam, geur met sout en peper en giet versigtig bo-oor. Verlaag die oondtemperatuur tot 160°C. Bak vir ongeveer 30 minute tot ferm en goudbruin. 

Wenk:
Spinasie en sampioene gaan ook baie goed saam met pikanterissies - maak net altyd seker dat as jy spinasie en sampioene in quiche of souttert gebruik al die water weggekook het, anders kan jou tert dalk nie stol nie.

Our Presenters
Mhlangabezi Sithonga
Adrian Louw
André Vaynol
David Lowe
Nelia Louw
Janet Marshall
Toekie Oberholzer
Pieter van Aswegen
Mik Long
Master Blaq
Daniel Morake
Bongo Mandoyi
Manie Kitching
Michael Range
Miranda Savage
George
Stoffel su Toit
Claudia
Anne Krebs
Heidi Scrooby
Petrovna
Contact Us

Whale Coast Media

Gateway Centre, Hermanus, 7200

PO Box 79, Kleinmond 7195

T: (028) 312 2314

F: (086) 545-6903

M: admin@whalecoastfm.co.za

Facebook Like Box