Skip to content. | Skip to navigation

Personal tools

Navigation

You are here: Home / News / Culture / Pikante Lemmetjie-en-Knoffelhoender.

Pikante Lemmetjie-en-Knoffelhoender.

Genoeg vir 4

• 500 g hoenderdye, sonder vel en been
• 6 eetlepels (90 ml) pikante-lemmetjie-en-knoffel-marinade
• 1 middelslag- geel soetrissie
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 1 hoeveelheid heuningmosterdglaseersel

Sny vet van dye af en plaas vleis in ’n bak. Voeg marinade by en roer deur. Marineer hoender minstens 4 uur of oornag. Maak ’n vuur en wanneer die kole reg is, kan jy begin braai. As jy die oond gebruik, verhit die rooster-element tot hoog. Sny geel soetrissie in skywe en verwyder die vleesriwwe en pitte. Ryg hoenderstukke en soetrissie om die beurt aan 4 of 5 metaal-sosatiepenne en geur liggies met sout en peper. Braai 10 – 12
minute totdat die hoender gaar is. Draai een of twee keer om. Bedrup mildelik met heuningmosterdglaseersel en braai nog 2 – 3 minute tot dit oral goudbruin is. Die hoenderdye behoort ferm te voel as hulle reg is. Verwyder vleis en rissie van die penne en laat vleis paar minute rus. Sit warm voor met suurlemoenwiggies.

Our Presenters
Mhlangabezi Sithonga
Adrian Louw
André Vaynol
David Lowe
Nelia Louw
Janet Marshall
Toekie Oberholzer
Pieter van Aswegen
Mik Long
Master Blaq
Daniel Morake
Bongo Mandoyi
Manie Kitching
Michael Range
Miranda Savage
George
Stoffel su Toit
Claudia
Anne Krebs
Heidi Scrooby
Petrovna
Contact Us

Whale Coast Media

Gateway Centre, Hermanus, 7200

PO Box 79, Kleinmond 7195

T: (028) 312 2314

F: (086) 545-6903

M: admin@whalecoastfm.co.za

Facebook Like Box