Skip to content. | Skip to navigation

Personal tools

Navigation

You are here: Home / News / Culture / Pizza in 'n kits

Pizza in 'n kits

Genoeg vir 4

 

1 ui, fyn gekap en 20 ml (2 t) gekapte knoffel

20 ml (2 t) olyfolie 

1 x 410 g geblikte heel tamaties, druk dit met ’n vurk fyn

sout en gemaalde swartpeper 

hand vol pietersielie en orego, gekap 

2 uie oorlangs in dik skywe gesny 30 ml (2 e) botter 

4 volgraan-pitabroodjies, middeldeur gesny 

300 g gaar hoendervleis, afgetrek van 4 dytjies 

200 g mozzarella in dik wiele gesny 

125 ml (½ k) crème fraîche of suurroom 

’n hand vol roketblare 

 

1 Voorverhit die oond tot 200 °C. Voorverhit ook ’n groot bakplaat. 

2 Braai die ui en knoffel tot sag in ’n klein kastrol. Voeg die tamaties in sous en kruie by en kook tot dit verdik. Braai die ander uie in die botter tot sag en karamelkleurig. 

3 Kry al die bestanddele gereed. Pak 4 van die pita-helftes op die warm bakplaat. Werk vinnig. Smeer die tamatiesous in die middel van die pita, hou die rand oop. 

4 Verdeel die hoenderstukkies en kaaswiele tussen die pizzas. Strooi van die gekaramelliseerde uie bo-op en bak vir 20 min. of tot die kaas gesmelt is. 

5 Haal uit en sit ’n skeppie crème frâiche en ’n paar roketblare op elkeen. 

6 Skink yskoue bier en smul solank aan die gaar pizzas terwyl die ander bak.

Our Presenters
Mhlangabezi Sithonga
Adrian Louw
André Vaynol
David Lowe
Nelia Louw
Janet Marshall
Toekie Oberholzer
Pieter van Aswegen
Mik Long
Master Blaq
Daniel Morake
Bongo Mandoyi
Manie Kitching
Michael Range
Miranda Savage
Stoffel su Toit
Claudia
Anne Krebs
Heidi Scrooby
Petrovna
Contact Us

Whale Coast Media

Gateway Centre, Hermanus, 7200

PO Box 79, Kleinmond 7195

T: (028) 312 2314

F: (086) 545-6903

M: admin@whalecoastfm.co.za

Facebook Like Box