Skip to content. | Skip to navigation

Personal tools

Navigation

You are here: Home / News / Culture / Portugese Prego Steak Rolletjies

Portugese Prego Steak Rolletjies

(genoeg vir 4)

Gaarmaaktyd: 20 minute

 

BESTANDDELE:

4 rib-steaks (rib-eye) (sowat 200 g elk, nie baie dik gesny)

250 ml witwyn OF rooiwyn

4 lourierblare

4 knoffelhuisies, in skywe gesny

2 brandrissies, fyngekap

30 ml tamatiepasta

15 ml paprika

15 ml suiker (opsioneel)

2 rooi-uie, in ringe gesny

60 ml olyfolie

4 Portugese broodrolletjies, gehalveer

sout en varsgemaalde swartpeper

roket

 

METODE:

Plaas steaks in plat bak. Voeg witwyn, lourierblare, knoffel, rissies, tamatiepasta, paprika, suiker, uie en 30 ml olie by. Laat marineer so 15 minute. Verhit ’n riffelpan. Sprinkel res van olie oor broodrolletjies aan gesnyde kant en rooster op pan tot bros. Haal steaks uit marinade. Terwyl riffelpan warm is, braai steaks tot so gaar as wat jy verkies. Geur met sout en peper. Gooi marinade in ’n ander pan en kook tot byna geen vloeistof oorbly nie, net uie. Plaas roket op rolletjie. Sit steak op. Skep uiemengsel bo-op. Sit voor.

Our Presenters
Mhlangabezi Sithonga
Adrian Louw
André Vaynol
David Lowe
Nelia Louw
Janet Marshall
Toekie Oberholzer
Pieter van Aswegen
Mik Long
Master Blaq
Daniel Morake
Bongo Mandoyi
Manie Kitching
Michael Range
Miranda Savage
Stoffel su Toit
Claudia
Anne Krebs
Heidi Scrooby
Petrovna
Contact Us

Whale Coast Media

Gateway Centre, Hermanus, 7200

PO Box 79, Kleinmond 7195

T: (028) 312 2314

F: (086) 545-6903

M: admin@whalecoastfm.co.za

Facebook Like Box