Skip to content. | Skip to navigation

Personal tools

Navigation

You are here: Home / News / Culture / Roosterbrood

Roosterbrood

As jy 'n bietjie tyd het, probeer hierdie gunstelling.

Jy Benodig: 

- 2 koppies witbroodmeel
- 2 eetlepels sout
- 1 eetlepel suiker
- 45 g botter
- 1 pakkie (10 g) droë gis
- 300 ml louwarm water

Metode:

Meng al die droë bestanddele bymekaar en vryf dan die botter in.
Voeg dan die pakkie gis by en meng dit deur.
Gooi louwarm water by totdat dit ’n stywe deeg maak.
Nou knie die deeg vir ten minste 10 minute en laat staan dit dan vir 5 minute.
Deeg rys die beste as dit in n vatdoek toegevou word en in die son gelos word.
Maak nou die roosterbroode, elkeen moet omtrent so groot wees soos ’n hoendereier wees en laat dit dan rys vir omtrent 15-20 min, tot die roosterbroode se groote omtrent verdubbel het.
Bak die broode oor matige kole op 'n rooster.
As die kole te warm is, gaan die buitenste gedeelte verbrand en die roosterbroode se binnekante nog rou wees.
Draai die roosterbroode gereeld om totdat dit ligbruin buite is en binne deurgaar is.

’n Gaar roosterbrood het ’n hol klank wanneer jy op dit klop.

Our Presenters
Mhlangabezi Sithonga
Adrian Louw
André Vaynol
David Lowe
Nelia Louw
Janet Marshall
Toekie Oberholzer
Pieter van Aswegen
Mik Long
Master Blaq
Daniel Morake
Bongo Mandoyi
Manie Kitching
Michael Range
Miranda Savage
George
Stoffel su Toit
Claudia
Anne Krebs
Heidi Scrooby
Petrovna
Contact Us

Whale Coast Media

Gateway Centre, Hermanus, 7200

PO Box 79, Kleinmond 7195

T: (028) 312 2314

F: (086) 545-6903

M: admin@whalecoastfm.co.za

Facebook Like Box