Skip to content. | Skip to navigation

Personal tools

Navigation

You are here: Home / News / Culture / Ryk Hoenderbredie

Ryk Hoenderbredie

Betsanddele

25ml Olyf- of sonneblomolie

4 hoenderstukke

2 groot uie (gesny)

1 wortel (fyn gekerf)

2 repe streepspek (fyn gekap)

sout en peper

75ml rooiwyn

300ml kokende hoenderaftreksel

1 kruiesakkie

1 lourierblaar

6 dwerguie (geskil)

40g botter of margarien

4 dwergsampioene (dun gesny)

25ml meelblom

25ml enkelroom

vars gekapte pietersielie (versiering)

Metode

Verhit die oond tot 160gradeC. Verhit die olie in ‘n groot braaipan, sit die hoenderstukke in en braai teen matige hitte vir ongeveer 5 minute, terwyl die hoender een keer omgedraai word, totdat dit goudbruin is. Haal die hoenderstukke uit en sit dit in ‘n vlak kasserol. Sit die uie, wortels en spek in die pan en braai liggies vir 5 minute totdat dit sag is. Plaas dit bo-oor die hoender, sout en peper en voeg 50ml van die wyn by. Sit die aftreksel, kruiesakkie en lourierblaar by. Maak die kasserol toe en kook in die oond vir 1 uur.

Verhit die oorblywende wyn in ‘n klein kastrol, sit die uie in en prut liggies vir 10 minute of tot die uie sag is. Verwyder die uie en plaas dit opsy en behou die wyn. Smelt 15g van die margarien in ‘n klein braaipan, sit die sampioene in en braai liggies vir 2-3 minute totdat dit sag is. Verwyder die sampioene en plaas opsy. Smelt die oorblywende vet in ‘n klein kastrol, sprinkel die meelblom in en kook vir 1-2 minute oor lae hitte terwyl geroer word. Voeg die wyn waarin die uie gekook is en omtrent 6 eetlepels aftreksel vanuit die kasserol by om ‘n dun sous te maak. Roer dit in die kasserol in saam met die sampioene. Kook in die oond vir ‘n verdere 15 minute of totdat die hoender sag is.

Verwyder die kruiesakkie en lourierblaar by en voeg sout en peper na smaak by. Roer die room in, sprinkel met pietersielie en bedien dadelik.

Bedien 4 persone.

Our Presenters
Mhlangabezi Sithonga
Adrian Louw
André Vaynol
David Lowe
Nelia Louw
Janet Marshall
Toekie Oberholzer
Pieter van Aswegen
Mik Long
Master Blaq
Daniel Morake
Bongo Mandoyi
Manie Kitching
Michael Range
Miranda Savage
George
Stoffel su Toit
Claudia
Anne Krebs
Heidi Scrooby
Petrovna
Contact Us

Whale Coast Media

Gateway Centre, Hermanus, 7200

PO Box 79, Kleinmond 7195

T: (028) 312 2314

F: (086) 545-6903

M: admin@whalecoastfm.co.za

Facebook Like Box