Skip to content. | Skip to navigation

Personal tools

Navigation

You are here: Home / News / Culture / Sampioen-prei-en-spekpastei

Sampioen-prei-en-spekpastei

(Genoeg vir 4)

Baktyd: 40 minute

  • 15 ml olyfolie
  • 250 g strepiespek (streaky), in klein blokkies gesny
  • 200 g preie, in ringe gesny
  • 500 g wit sampioene, in kwarte gesny
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 500 ml room
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 2 mediumgroot aartappels, geskil en klein blokkies gesny
  • 15 ml mielieblom
  • 45 ml water
  • hand vol vars basiliekruidblare, grofgebreek
  • 1 vel (500 g) blaardeeg
  • 1 geklitste eier

Verhit oond tot 200 °C. Verhit olyfolie in diep pan. Voeg spek by en braai tot net bros. Voeg preie by en braai tot sag. Voeg sampioene en knoffel by en braai nog sowat 10 minute. Voeg room by en geur met sout en peper. Voeg aartappels by en laat oop prut tot aartappels sag is – so 15 – 20 minute. Meng mielieblom met water tot gladde pasta en voeg by om sous te verdik. Laat effe afkoel en roer basiliekruidblare deur. Skep in vier oondvaste bakkies. Verdeel deeg in vier en maak mengsel in bakkies toe daarmee.

Verf deeg met geklitste eier en plaas in oond vir sowat 40 minute tot deeg mooi goudbruin en bros is.

Our Presenters
Mhlangabezi Sithonga
Adrian Louw
André Vaynol
David Lowe
Nelia Louw
Janet Marshall
Toekie Oberholzer
Pieter van Aswegen
Mik Long
Master Blaq
Daniel Morake
Bongo Mandoyi
Manie Kitching
Michael Range
Miranda Savage
Stoffel su Toit
Claudia
Anne Krebs
Heidi Scrooby
Petrovna
Contact Us

Whale Coast Media

Gateway Centre, Hermanus, 7200

PO Box 79, Kleinmond 7195

T: (028) 312 2314

F: (086) 545-6903

M: admin@whalecoastfm.co.za

Facebook Like Box