Skip to content. | Skip to navigation

Personal tools

Navigation

You are here: Home / News / Culture / Sjinese Eier-Braairys

Sjinese Eier-Braairys

Wanneer jy hierdie dis maak, is dit belangrik dat die olie baie warm is, alvorens jy die rys byvoeg. Dit sal verseker dat die rys lig en krakerig in tekstuur uitkom, eerder as wat dit pap en swaar is. Kook die rys lank genoeg voor die tyd en sorg dat dit behoorlik afgekoel is voor gebruik.

 

BESTANDDELE:

 

2 Eetl Olie

400g koue gestoomde, of gekookte, Basmati rys of enige ander langgraan rys

50g gekookte ham in blokkies gesny

100g gekookte ertjies

75g boonspruite

½ Iceberg slaai, versnipper

Knippie sout

2 groot eiers, geklits

4 sprietuite, opgekap (osioneel)

 

METODE:

 

1.  Verhit ‘n wok of swaarboombraaipan oor hoë hitte. Voeg die olie by en swaai dit versigtig in die pan rond totdat die hele pan met olie bedek is.  Wanneer die olie baie warm is, voeg die rys by en roerbraai vir 1 minuut.

2.   Voeg nou die ham, ertjies, boonspruite, slaai en sout by en gaan voort om te roerbraai oor hoë hitte vir 1 minuut.

Nou maak jy so ‘n dammetjie/gaatjie in die middel en gooi die eiers daarin. Roer nou vinnig en kook vir 2-3 minute.  Sit alles nou oor in ‘n bak en sprinkel die opgekapte sprietuie daaroor, indien verkies.

Our Presenters
Mhlangabezi Sithonga
Adrian Louw
André Vaynol
David Lowe
Petrovna Metelerkamp
Nelia Louw
Janet Marshall
Toekie Oberholzer
Anne Krebs
Pieter van Aswegen
Heidi Scrooby
Mik Long
Master Blaq
Daniel Morake
Contact Us

Whale Coast Media

Gateway Centre, Hermanus, 7200

PO Box 79, Kleinmond 7195

T: (028) 312 2314

F: (086) 545-6903

M: admin@whalecoastfm.co.za

Facebook Like Box