Skip to content. | Skip to navigation

Personal tools

Navigation

You are here: Home / News / Culture / Sjokoladetertjies met 'n Neutkors

Sjokoladetertjies met 'n Neutkors

Maak 6 porsies. Die resep het lae koolhidrate en is hoog in vet, asook gluten- en graanvry.

Bestanddele vir die kors:

 100 g pekanneute

 100 ml psilliumsaadpeule

 2 eetlepels botter

 1 eetlepel xylitol

Bestanddele vir die vulsel:

 200 g 85% kakaosjokolade

 50 ml room

 ‘n Knypie sout en rissievlokkies (opsioneel)

Metode:

Vir die kors:

1. Voorverhit die oond tot 180 °C.

2. Verwerk die neute en saadpeule in ‘n voedselverwerker tot fyn.

3. Voeg die botter en xylitol by.

4. Druk styf in gesmeerde tertpannetjies in.

5. Bak vir 10 minute tot goudbruin.

6. Haal uit die oond en laat afkoel.

Vir die vulsel:

1. Kap die sjokolade in fyn splinters, verhit die room en smelt die sjokolade daarin.

2. Voeg die sout en rissie by.

3. Laat in die yskas stol vir 5 tot 10 minute en haal uit die tertpannetjies.

4. Garneer met ekstra rissie en growwe sout.

Bron:

Jou beste lewe: Vinnige en gesonde gesinsetes deur dr. Michael Mol en John Berry. Die

resepteboek is deur CUM-uitgewers uitgegee.

Our Presenters
Mhlangabezi Sithonga
Adrian Louw
André Vaynol
David Lowe
Petrovna Metelerkamp
Nelia Louw
Janet Marshall
Toekie Oberholzer
Anne Krebs
Pieter van Aswegen
Heidi Scrooby
Mik Long
Master Blaq
Daniel Morake
Contact Us

Whale Coast Media

Gateway Centre, Hermanus, 7200

PO Box 79, Kleinmond 7195

T: (028) 312 2314

F: (086) 545-6903

M: admin@whalecoastfm.co.za

Facebook Like Box