Skip to content. | Skip to navigation

Personal tools

Navigation

You are here: Home / News / Culture / Smoorsnoek

Smoorsnoek

Smoorsnoek kan van vars snoek, soutsnoek of selfs gerookte snoek gemaak word. As vars snoek gebruik word, stoom dit gaar, of braai oor die kole (hier kan manlief betrokke raak by die voorbereiding). Pluis die vis en gaan voort met die resep.

1 Soutsnoek

800 g Aartappel

2 Groot uie, opgekap

2,5 ml (½ t) koljanderkorrels

1 Rooi soetrissie, ontpit en in stukkies gesny

1 Rooi brandrissie, ontpit en fyn opgesny

15 ml (1 E) Fyngestampte vars gemmer (opsioneel)

2 Knoffelhuisies, fyngestamp (opsioneel)

15 ml (1 E) Suurlemoensap

Varsgemaalde witpeper

15 ml (1 E) Botter

 

Bedek die soutsnoek met vars, koue water en week dit vir ongeveer 12 uur.  Gooi die water weg.  Spoel die snoek goed af met vars water.

Sny die snoek in kleiner porsies sodat dit in jou pan kan pas.  Bedek met water, bring tot kookpunt en kook stadig vir ongeveer 12 minute, tot die snoek gaar is.  Dreineer, maar HOU EEN KOPPIE WATER vir later.

Vlok die vis met ‘n vurk in elke hand en sorg dat al die grate uit is.

Kook die aartappels, trek die skilletjies af en kap in blokkies.

Smoor die uie met die koljander, soet- en brandrissie, vars gemmer en knoffel.

Voeg die snoek en aartappels by die rissiemengsel en voeg die koppie snoekwater by.

Druk die suurlemoensap oor en maal witpeper oor.

Sit ‘n groot klont botter by die kos, roer alles liggies deur, sit die deksel skuins op en smoor vir so 5 minute om die geure goed te laat deurtrek. Proe – dalk moet daar sout bykom.

Bedien op rys.

Geniet saam met die soetpatats. (Sien resep ook op www.whalecoastfm.co.za)

Our Presenters
Mhlangabezi Sithonga
Adrian Louw
André Vaynol
David Lowe
Petrovna Metelerkamp
Nelia Louw
Janet Marshall
Toekie Oberholzer
Anne Krebs
Pieter van Aswegen
Heidi Scrooby
Mik Long
Master Blaq
Daniel Morake
Contact Us

Whale Coast Media

Gateway Centre, Hermanus, 7200

PO Box 79, Kleinmond 7195

T: (028) 312 2314

F: (086) 545-6903

M: admin@whalecoastfm.co.za

Facebook Like Box