Skip to content. | Skip to navigation

Personal tools

Navigation

You are here: Home / News / Culture / Sousboontjies

Sousboontjies

500 g (1 Pakkie) droë Botterboontjies

Kookwater om te bedek

60 ml (1/4 k) Suiker

125 ml (1/2 k) Asyn

2,5 ml (1/2 t) Sout

1,25 ml (1/4 t) varsgemaalde Swartpeper

 

SO MAAK MENS: 

Bedek die boontjies met kookwater en week dit vir ongeveer een uur.

Dreineer (en herhaal 2/3 keer indien so verkies).

Bedek dit weer met kookwater en kook die boontjies stadig tot dit sag is. (Moenie sout byvoeg terwyl dit kook nie, want dit is geneig om die boontjies hard te hou).  As jy dit vinnig kook, sal die boontjies stukkend kook en te veel skuim vorm.

Skep in elk geval enige skuim af.

Voeg dan die suiker, asyn, sout en peper by die gaar boontjies en kook goed deur. 

Proe nou daaraan.  Te soet?  Voeg asyn by. Te suur?  Voeg suiker by.

Bedien warm of koud.

 

Wenke:

 

  • As jy voel dat die geure nie bymekaarkom nie, voeg ‘n bietjie sout by en laat die boontjies staan.  Moet dit nooit op dieselfde dag eet nie;  die geure moet eers goed deur die boontjies trek.
  • Sousboontjies kan verdik word deur sommige boontjies effens fyn te druk.
  • Jy kan ook 15 ml (1 E) mielieblom met ‘n halfkoppie (1/2 k) water meng en dit aan die einde saam met die boontjies kook om dit te verdik.  Sorg net dat die mielieblom goed gaar is.  Die sous moet glansend wees, nie melerig nie.
Our Presenters
Mhlangabezi Sithonga
Adrian Louw
André Vaynol
David Lowe
Petrovna Metelerkamp
Nelia Louw
Janet Marshall
Toekie Oberholzer
Anne Krebs
Pieter van Aswegen
Heidi Scrooby
Mik Long
Master Blaq
Daniel Morake
Contact Us

Whale Coast Media

Gateway Centre, Hermanus, 7200

PO Box 79, Kleinmond 7195

T: (028) 312 2314

F: (086) 545-6903

M: admin@whalecoastfm.co.za

Facebook Like Box