Skip to content. | Skip to navigation

Personal tools

Navigation

You are here: Home / News / Culture / Spek en Kaas Koekies

Spek en Kaas Koekies

Genoeg vir: 4 Bereidingstyd: 20 minute Gaarmaaktyd: 10 minute

BESTANDDELE:

sonneblom- of kanola-olie

1 ui, fyngekap

250 g spek, fyngekap

200 ml koekmeel, gesif

5 ml bakpoeier

2 eiers, liggies geklits

45 ml melk

250 ml fyngerasperde (WIT) cheddarkaas

30 ml fyngekapte pietersielie

aartappelwiggies, om voor te sit

slaai, om voor te sit

 

METODE:

Verhit ’n bietjie olie in ’n pan en soteer die ui tot dit sag is. Voeg die spek by en braai dit vir ’n paar minute tot dit gaar is. Laat dit eenkant afkoel.

Meng die meel en bakpoeier, geur dit met sout en peper en maak ’n holte in die middel. Gooi die eiers en melk in die holte en roer dit kante toe tot die droë bestanddele net-net ingemeng is.

Voeg die kaas, pietersielie en spekmengsel by en meng dit net in. Verhit nog ’n bietjie olie. Braai lepels vol van die beslag vir ’n minuut aan ’n kant oor matige hitte gaar. Sit dit voor met aartappelwiggies en ’n slaai.

Our Presenters
Mhlangabezi Sithonga
Adrian Louw
André Vaynol
David Lowe
Nelia Louw
Janet Marshall
Toekie Oberholzer
Pieter van Aswegen
Mik Long
Master Blaq
Daniel Morake
Bongo Mandoyi
Manie Kitching
Michael Range
Miranda Savage
George
Stoffel su Toit
Claudia
Anne Krebs
Heidi Scrooby
Petrovna
Contact Us

Whale Coast Media

Gateway Centre, Hermanus, 7200

PO Box 79, Kleinmond 7195

T: (028) 312 2314

F: (086) 545-6903

M: admin@whalecoastfm.co.za

Facebook Like Box