Skip to content. | Skip to navigation

Personal tools

Navigation

You are here: Home / News / Culture / Spiraal-Koekies

Spiraal-Koekies

Die beste van twee koekies vasgevang in een!

16 – 20 Koekies

• 185 g (200 ml) botter
• 250 ml (210 g) strooisuiker
• 10 ml vanieljegeursel
• 1 heel eier
• 1 eiergeel
• 350 g (625 ml) koekmeel
• 45 ml kakaopoeier

Verhit oond tot 180 ºC. Room botter, suiker en vanielje met ’n elektriese menger tot lig en

romerig in ’n mediumgroot mengbak. Voeg eiers by en meng goed. Voeg meel by en meng tot ’n sagte koekiedeeg. Verdeel mengsel in twee gelyke dele en meng kakao by een helfte. Draai toe in kleefplastiek en laat rus in yskas vir 25 minute. Strooi dun lagie meel op werkoppervlak. Rol koue deeg met koekroller uit tot sowat 5 mm dik. Plaas kakao-vel op vanielje-vel en sny met ’n skerp mes in ’n netjiese reghoek van sowat

25 x 15 cm. Rol stewig op in ’n ronde wors. Draai in kleefplastiek toe en vries oornag. Sny in ronde sirkels met ’n skerp mes. Sit op ’n bakplaat wat met kleefwerende sproei gespuit is en bak 12 – 15 minute of tot goudbruin en gaar. Laat afkoel en bêre in lugdigte houers.

Our Presenters
Mhlangabezi Sithonga
Adrian Louw
André Vaynol
David Lowe
Petrovna Metelerkamp
Nelia Louw
Janet Marshall
Toekie Oberholzer
Anne Krebs
Pieter van Aswegen
Heidi Scrooby
Mik Long
Master Blaq
Daniel Morake
Contact Us

Whale Coast Media

Gateway Centre, Hermanus, 7200

PO Box 79, Kleinmond 7195

T: (028) 312 2314

F: (086) 545-6903

M: admin@whalecoastfm.co.za

Facebook Like Box