Skip to content. | Skip to navigation

Personal tools

Navigation

You are here: Home / News / Culture / Stampmielie Bobotie

Stampmielie Bobotie

BESTANDDELE:

2 koppies rou stampmielies , maar week dit die aand vooraf

10ml borrie

Sout

2 groot uie - ringe gesny

Olie

25ml sterk kerrie poeier

1 kg maalvleis

50ml blatjang

30ml suiker

10 ml tamatiepasta

60 ml druiweasyn

Sout en Peper

Koppie melk

2 eiers

2 lourierblare

 

METODE: 

Verhit oond tot 180 grade

Spuit groot oondvaste bak met Spray & Cook

Dreineer stampmielies en bedek met skoon koue water.

Voeg net helfte van borrie by water en kook tot die mielies sag is maar nie pap.

Geur na smaak met sout en peper.

Dreineer goed en hou eenkant

Soteer uie , voeg oorblywende borrie by en kerriepoeier en roerbraai so 1 minuut.

Voeg maalvleis bietjie bietjie by en braai tot gaar. Voeg die res van bestanddele by .

Prut nog 'n paar minute.

Voeg stampmielies by en meng.

Skep nou in die bak en meng melk en eiers goed saam en giet oor mengsel . Plaas blare bo-op en bak 30-40min.

 

GEELRYS

500 ml wit rys

5 ml sout

3 ml borrie

125 ml pitlose rosyne

1 liter water

 

Sit alles saam in ’n kastrol. 

Roer goed en verhit tot kookpunt. 

Bedek en prut tot die rys gaar is. 

Haal van die hitte af, maar hou die deksel op. 

Laat staan die pot vir 5 - 10 minute sodat die rys verder kan stoom.

Skep die geelrys onder in ’n groot, gesmeerde oondbak. 

As jy individuele bakkies maak, skep ’n derde van elke bakkie vol rys.

Our Presenters
Mhlangabezi Sithonga
Adrian Louw
André Vaynol
David Lowe
Nelia Louw
Janet Marshall
Toekie Oberholzer
Pieter van Aswegen
Mik Long
Master Blaq
Daniel Morake
Bongo Mandoyi
Manie Kitching
Michael Range
Miranda Savage
George
Stoffel su Toit
Claudia
Anne Krebs
Heidi Scrooby
Petrovna
Contact Us

Whale Coast Media

Gateway Centre, Hermanus, 7200

PO Box 79, Kleinmond 7195

T: (028) 312 2314

F: (086) 545-6903

M: admin@whalecoastfm.co.za

Facebook Like Box