Skip to content. | Skip to navigation

Personal tools

Navigation

You are here: Home / News / Culture / Steurgarnale en Chorizo

Steurgarnale en Chorizo

 

Seekos is die perfekte pasmaat vir Spaanse chorizo, soos hierdie gereg bewys.
genoeg vir 6

• 45 ml olyfolie
• 2 knoffelhuisies, gekap
• 1 ui, in skywe gesny
• 2 chorizoworse, in ringe gesny
• 250 g wit baba-sampioene
• 24 steurgarnale, skoongemaak en doppe verwyder
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 250 ml room
• sap en skil van 1 suurlemoen
• 2 brandrissies, gekap
• hand vol Italiaanse pietersielie, grofgekap
• 1 x 400 g-pak glutenvrye farfalle-pasta (strikdas-vorm)

Verhit olyfolie tot warm in middelslag-pan en voeg knoffel en ui by. Braai 3 – 5 minute of tot goudbruin. Voeg chorizo by en braai nog 5 minute of tot dit begin verbruin. Voeg sampioene en steurgarnale by en braai nog 2 minute. Geur goed met sout en peper. Gooi room by en verlaag hitte. Laat prut tot dik romerige sous vorm. Voeg sap en skil van suurlemoen, brandrissies en pietersielie by en meng deur. Verwyder van hitte. Maak pasta gaar volgens aanwysings op pak en dreineer. Meng pasta met sous en sit voor.

Our Presenters
Mhlangabezi Sithonga
Adrian Louw
André Vaynol
David Lowe
Petrovna Metelerkamp
Nelia Louw
Janet Marshall
Toekie Oberholzer
Anne Krebs
Pieter van Aswegen
Heidi Scrooby
Mik Long
Master Blaq
Daniel Morake
Contact Us

Whale Coast Media

Gateway Centre, Hermanus, 7200

PO Box 79, Kleinmond 7195

T: (028) 312 2314

F: (086) 545-6903

M: admin@whalecoastfm.co.za

Facebook Like Box