Skip to content. | Skip to navigation

Personal tools

Navigation

You are here: Home / News / Culture / Trinchado (Portugese Bredie)

Trinchado (Portugese Bredie)

15 ml (1e) botter

15 ml (1e) olyfolie

900 g goulash-blokkies vleis

2 groot uie, gekap

3 rooi brandrissies, fyn gekap

4 knoffelhuisies, fyngedruk

250 ml (1k) beesvleis-aftreksel

500 ml (2k) rooi wyn

1 lourierblaar

100 g (1 pakkie) ontpitte swart olywe

Vars roosmaryn

125 ml (1/2k) room

Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

Fyn gerasperde vars suurlemoenskil

 

METODE:

Verhit die botter en olie in n swaarboomkastrol en braai die beesvleis-blokkies tot bruin. Skep uit en hou eenkant. 

Verlaag die hitte en soteer die ui en brandrissies stadig tot sag en geurig. Voeg die knoffel by en soteer 1 minuut lank. 

Voeg die aftreksel en wyn by. Verhit tot kookpunt terwyl aanhoudend geroer word. 

Voeg die lourierblaar, olywe, ‘n paar takkies vars roosmaryn en die vleisblokkies by en laat 2 uur lank stadig prut of tot die vleis baie sag is. 

Roer die room deur.

Geur goed met sout en vars gemaalde swartpeper, vars suurlemoenskil en nog vars roosmaryn. 

Sit voor met brood om in die sous te doop.

Our Presenters
Mhlangabezi Sithonga
Adrian Louw
André Vaynol
David Lowe
Nelia Louw
Janet Marshall
Toekie Oberholzer
Pieter van Aswegen
Mik Long
Master Blaq
Daniel Morake
Bongo Mandoyi
Manie Kitching
Michael Range
Miranda Savage
Stoffel su Toit
Claudia
Anne Krebs
Heidi Scrooby
Petrovna
Contact Us

Whale Coast Media

Gateway Centre, Hermanus, 7200

PO Box 79, Kleinmond 7195

T: (028) 312 2314

F: (086) 545-6903

M: admin@whalecoastfm.co.za

Facebook Like Box