Skip to content. | Skip to navigation

Personal tools

Navigation

You are here: Home / News / Culture / Tuisgemaakte Corndogs (Mieliebrakkies)

Tuisgemaakte Corndogs (Mieliebrakkies)

½ koppie geel mieliemeel (wit is ook reg, die geel gee egter ‘n mooi kleur)

½ koppie meel

1 eetlepel suiker

1 teelepel droë mosterd

1 teelepel bakpoeier

½ teelepel sout

½ koppie melk

1 eier, liggies geklits

1 eetlepel gesmelte botter

6 worse (viennas, kaaswors, Russians, ens)

6 sosatie stokkies

Olie vir braai 

 

Meng die mieliemeel, meel, suiker, mosterd, bakpoeier en sout. 

Voeg die melk, eier en botter by en meng tot glad. 

Gooi die mengsel in 'n lang glas of plastiekhouer. 

Vee die wors met handdoekpapier of 'n skoon vadoek af om seker te maak hulle is redelik droog. 

Plaas die sosatiestokkie in die wors en doop hulle in die beslag. 

Diepbraai in olie verhit tot 375 grade tot goudbruin, sowat twee minute. 

Dreineer op kombuispapier en bedien warm met mosterd, sweet chillie sous of sous na smaak.

Our Presenters
Mhlangabezi Sithonga
Adrian Louw
André Vaynol
David Lowe
Petrovna Metelerkamp
Nelia Louw
Janet Marshall
Toekie Oberholzer
Anne Krebs
Pieter van Aswegen
Heidi Scrooby
Mik Long
Master Blaq
Daniel Morake
Contact Us

Whale Coast Media

Gateway Centre, Hermanus, 7200

PO Box 79, Kleinmond 7195

T: (028) 312 2314

F: (086) 545-6903

M: admin@whalecoastfm.co.za

Facebook Like Box