Skip to content. | Skip to navigation

Personal tools

Navigation

You are here: Home / News / Culture / Vanielje-eiervla

Vanielje-eiervla

Tuisgemaakte eiervla smaak die beste, en jy sal saamstem as jy dit eers geproe het. Wees net versigtig dat die eiers nie skif nie.

 Genoeg vir 1 liter


• 7 eiergele (hou die witte vir die
meringue-koek wat volg)
• 200 g (250 ml) suiker
• 15 ml mielieblom
• 750 ml laktosevrye melk
• 1 vanieljepeul, oopgesny en saadjies
uitgekrap

 
Klits eiergele, suiker en mielieblom saam tot glad in ’n mengbak. Plaas melk en vanieljesaadjies in ’n pot en bring tot kookpunt. Gooi warm melk oor eiergeelmengsel terwyl jy roer. Gooi mengsel terug in pot en roer oor lae hitte tot dit verdik, sowat 5 – 8 minute. Hou aan roer tot mielieblom gaar is – moenie die mengsel kook nie, dit sal skif.Gooi warm mengsel in ’n glasbak en plaas kleefplastiek direk op oppervlak van vla om te keer dat ’n vel vorm. Sit voor saam met poeding.

Our Presenters
Mhlangabezi Sithonga
Adrian Louw
André Vaynol
David Lowe
Petrovna Metelerkamp
Nelia Louw
Janet Marshall
Toekie Oberholzer
Anne Krebs
Pieter van Aswegen
Heidi Scrooby
Mik Long
Master Blaq
Daniel Morake
Contact Us

Whale Coast Media

Gateway Centre, Hermanus, 7200

PO Box 79, Kleinmond 7195

T: (028) 312 2314

F: (086) 545-6903

M: admin@whalecoastfm.co.za

Facebook Like Box