Skip to content. | Skip to navigation

Personal tools

Navigation

You are here: Home / News / Culture / Vark-satay met grondboontjiesous

Vark-satay met grondboontjiesous

Lewer 20 – 24 mini-kebabs Hierdie gereg kom oorspronklik uit Indonesië, maar is deesdae oral gewild. Die sous is ook lekker saam met hoender of bees.

750 g varkfilet, in dun repies gesny
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
20-24 kebabstokkies
30 ml (2 e) olyf- of avokado-olie (sien wenk)

Sous
1 x 400 ml-blik klappermelk
25 ml (5 t) Thaise rooi-kerriepasta
45 ml (3 e) growwe grondboontjiebotter
20 ml (4 t) sagte bruinsuiker
25 ml (4 t) lemmetjie- of suurlemoensap

  • Geur die vleis met sout en peper en ryg die varkrepies in a sigsagpatroon op die kebabstokkies.
  • Sous: Bring die helfte van die klappermelk in ’n klein kastrolletjie oor matige hitte tot kookpunt. Verlaag die hitte en prut 5 minute sonder ’n deksel tot effens verdik.
  • Roer die kerriepasta deur en prut nog 8-10 minute sonder ’n deksel tot aromaties. Roer die res van die klappermelk by en prut nog 5 minute om die sous te verdik.
  • Roer die res van die bestanddele by en roer tot die grondboontjiebotter gesmelt het. Prut nog 5 minutes en roer gereeld om te voorkom dat ’n vel op die sous vorm. Die sous moenie te loperig wees nie.
  • Verhit olie oor matige hitte in ’n braaipan. Braai die kebabs 3-5 minute aan elke kant tot goudbruin en net gaar, maar nie te droog nie. Herhaal met die res van die kebabs.
  • Sit die kebabs met die doopsous in ’n bakkie, voor.

Wenke
1. Gebruik ’n suurlemoen-avokado-olie indien beskikbaar.
2. As die sous jou nie aanstaan nie, kan die vark ook met ’n soet brandrissiesous of ander sous voorgesit word. 
3. Die grondboontjiesous is ’n heerlike doopsous vir groenterepies.
4. Die sous kan die vorige dag gemaak word. Braai die kebabs ’n paar uur voor die funksie.

Our Presenters
Mhlangabezi Sithonga
Adrian Louw
André Vaynol
David Lowe
Nelia Louw
Janet Marshall
Toekie Oberholzer
Pieter van Aswegen
Mik Long
Master Blaq
Daniel Morake
Bongo Mandoyi
Manie Kitching
Michael Range
Miranda Savage
George
Stoffel su Toit
Claudia
Anne Krebs
Heidi Scrooby
Petrovna
Contact Us

Whale Coast Media

Gateway Centre, Hermanus, 7200

PO Box 79, Kleinmond 7195

T: (028) 312 2314

F: (086) 545-6903

M: admin@whalecoastfm.co.za

Facebook Like Box