Skip to content. | Skip to navigation

Personal tools

Navigation

You are here: Home / News / Culture / Warm Speserywyn/ Glühwein

Warm Speserywyn/ Glühwein

(Genoeg vir 6 – 8)

  • 3 Kaneelstokkies
  • 10 Heel Naeltjies
  • 10 Swartpeperkorrels
  • 5ml (1 t of ongeveer 25 korrels Wonderpeper
  • 2 Bottels (1,5 L) Lywige Rooiwyn
  • 4 Repe Lemoenskil van 5cm elk waarvan wit verwyder is
  • 125 ml (½ k) plus 30 ml (2 E) Suiker
  • 30-60 ml (2-4 E) Brandewyn

 

Rooster die kaneel, naeltjies, peper en wonderpeper in ‘n swaarboomkastrol oor matige hitte tot geurig (ongeveer 2 minute).  Wees versigtig dat dit nie brand nie.  Voeg die wyn, lemoenskil en 125 ml (½ k) suiker by.  Bedek gedeeltelik en verhit tot dit stadig prut.  Roer af en toe tot suiker opgelos is.  Verlaag hitte en prut 45 minute baie stadig tot die geur goed ontwikkel het.  Giet deur ‘n sif.  Skink wyn terug in kastrol en gooi speserye en lemoenskil weg.  Roer 30 ml (2 E) brandewyn by wyn, proe en voeg nog brandewyn en suiker na smaak by.  Bedien onmiddellik.

Onthou: 
Die gekruide wyn se smaak verflou as dit langer as ‘n uur prut. 
  • Wonderpeper (pimentbessie) is in werklikheid ‘n Bessie, maar die gedroogde vruggie lyk soos ‘n groot bruin peperkorrel.  Die geur is soos dié van ‘n kombinasie van kruie, veral kaneel, naeltjies, gemmer en neutmuskaat.  In die Napoleontiese oorlog van 1812 het Russiese soldate glo wonderpeper in hul stewels gegooi om hul voete warm te hou.  Die welriekende gevolge was so merkwaardig dat pimentolie vandag nog in manstoiletware gebruik word.
Our Presenters
Mhlangabezi Sithonga
Adrian Louw
André Vaynol
David Lowe
Petrovna Metelerkamp
Nelia Louw
Janet Marshall
Toekie Oberholzer
Anne Krebs
Pieter van Aswegen
Heidi Scrooby
Mik Long
Master Blaq
Daniel Morake
Contact Us

Whale Coast Media

Gateway Centre, Hermanus, 7200

PO Box 79, Kleinmond 7195

T: (028) 312 2314

F: (086) 545-6903

M: admin@whalecoastfm.co.za

Facebook Like Box