Skip to content. | Skip to navigation

Personal tools

Navigation

You are here: Home / News / General / Karee Konflik in Stanford

Karee Konflik in Stanford

Stanford inwoners is kwaad na ’n ry Karee bome Dinsdag afgesaag is.
Karee Konflik in Stanford

Foto: Annalize Mouton

 “Gistermiddag ry ek in Kerkstraat af na die rivier se kant toe, en sien manne met sae besig om die laaste van vyf inheemse Karee bome op die sypaadjie af te saag, gelyk met die grond,” sê Annalize Mouton, ’n Stanford inwoner. 

“Ons moet iets doen om Stanford se bome te red,” sê Mouton. 

Volgens Mouton het Petronella Ferreira, adjunk-areabestuurder vir Stanford, toestemming vir die vernietiging van die bome gegee. 

"'n Tipe wilgeboom is destyds deur die eienaar van Stanford House op die sypaadjie geplant.   Die bome het 'n baie aggressiewe wortelstelsel en is besig om baie skade aan die huisies en ondergrondse  waternetwerk aan te rig," sê Ferreira. "Ons elektriese netwerk loop ook op dieselfde sypaadjie en is die boomwortels besig om die elektriese kiosks op te lig.   Die boomwortels het ook die perseel se riooltenk heeltemal uitmekaar gebreek.

"Die eienaar van Stanford House het kom vra om die bome, wat deur Stanford House geplant is, af te saag want hulle is besig om die plek op te knap," vertel sy.

Volgens Ferreira sal die bome vervang word met bome wat nie so 'n aggressiewe wortelstelsel het nie.  

"Ek het dit as 'n redelike versoek en hulp gesien, want ons moes die grootste een wat die elektriese kiosk oplig, self verwyder het. Daar is steeds palmbome en ander bome gelaat op dieselfde sypaadjie sodat dit nie so kaal lyk totdat die nuwe bome gevestig is nie." 

“Selfs al is die bome inheems, word hulle nie beskerm nie,” sê Anina Lee van Whale Coast Conservation. 

“Maar, die bome moet gekoester word. Dit help tydens klimaatsverandering en voorsien habitat. En, navorsing wys dat groen spasies mense se gemoedstoestand opkikker.” 

Raadslid Coetzee het nie kommentaar gelewer nie en het gesê Francois Myburgh, senior bestuurder van die Gansbaai area, ons sal kontak.

Our Presenters
Mhlangabezi Sithonga
Adrian Louw
André Vaynol
David Lowe
Nelia Louw
Janet Marshall
Toekie Oberholzer
Pieter van Aswegen
Mik Long
Master Blaq
Daniel Morake
Bongo Mandoyi
Manie Kitching
Michael Range
Miranda Savage
George
Stoffel su Toit
Claudia
Anne Krebs
Heidi Scrooby
Petrovna
Contact Us

Whale Coast Media

Gateway Centre, Hermanus, 7200

PO Box 79, Kleinmond 7195

T: (028) 312 2314

F: (086) 545-6903

M: admin@whalecoastfm.co.za

Facebook Like Box