Skip to content. | Skip to navigation

Personal tools

Navigation

You are here: Home / News / General / Overstrand Munisipaliteit wil hê AfriForum moet verskoning vra

Overstrand Munisipaliteit wil hê AfriForum moet verskoning vra

Dayne Elizabeth Nel - Die Overstrand-munisipaliteit het dié week in ’n persverklaring gevra dat AfriForum om verskoning moet vra vir foutiewe beriggewing oor watertoetse in die Overstrand.

 

Overstrand - Die Overstrand-munisipaliteit het dié week in ’n persverklaring gevra dat AfriForum om verskoning moet vra vir foutiewe beriggewing oor watertoetse in die Overstrand.

Die verklaring sê dat toetse gedoen is en dat Stefan Pretorius, gemeenskapskoördineerder vir AfriForum in die Wes-Kaap, sowel as Ian Cameron, AfriForum se Hoof van Gemeenskapsveiligheid, dit waargeneem het.

Die verklaring sê dat geen media betrokke was nie, al was dit so in die nasionale veldtog verklaring berig.

Verder dui die verklaring aan dat daar verwarring tussen De Mond en Onrus is en dat inwoners in die Overstrand nie oor e-coli in die dorp se drinkwater hoef te kommer nie.

Laastens eis die Overstrand-munisipaliteit dat AfriForum verkoning moet vra, en  die foutiewe beriggewing in die media regstel.”

Daar was wel nie mediaverteenwoordigers nie,” sê Julius Kleynhans, AfriForum se Hoof van Omgewinsake, “maar daar was ’n getuie van die gemeenskapsveiligheids afdeling.

“AfriForum het meer as 106 dorpe se water getoets, maar Hanre Blignaut, Adjunk Direkteur van Ingenieursdienste by die Overstrand-munisipaliteit, het geweier dat AfriForum die water op die aanleg toets.”

Volgens Kleynhans ondersteun  die Overstrand-munisipaliteit nie AfriForum se veldtog nie.

In ’n e-pos aan Kleynhans skryf Blignaut dat hulle “onseker oor die nut van ‘n tweede, klaarblyklik baie meer oppervlakkige program, en wat met die resultate beoog word, en is nie ten gunste daarvan nie”.

Verder lui Overstrand-munisipaliteit se persverklaring dat “geen watermonster wat by De Mond of by Onrus geneem is, enige verband kan hou met Overstrand-munisipaliteit se behandelde rioolwater nie”.

Maar Kleynhans sê dat Onrus wel onder die Overstrand-munisipaliteit val, en dus is hul argument nie relevant nie.

AfriForum se veldtog hou geen verband met die Departement van Waterwese se amptelike Groen Druppel program nie.

“Ons stel in die kwaliteit en eindproduk belang,” sê Kleynhans.

“Ons kan bevestig dat die drinkwater skoon is en ons wag dat Blignaut ons uitnooi om die water by die aanleg te kom toets.

“Ons gaan nie verskoning vra nie, maar die munisipaliteit was nie deursigtig nie. Ons soek oop deure om die water te kom toets. Volgens die munisipaliteit is hul rioolwater op standard.”

“As daar dan gevind word dat ons verkeerd was, sal ons nie huiwer om verskoning te vra nie, maar dit is ongelukkig nie wat die toetsuitslae illustreer nie.”

Onrus Lagoon

Foto: Martin Etsebeth

Our Presenters
Mhlangabezi Sithonga
Adrian Louw
André Vaynol
David Lowe
Nelia Louw
Janet Marshall
Toekie Oberholzer
Pieter van Aswegen
Mik Long
Master Blaq
Daniel Morake
Bongo Mandoyi
Manie Kitching
Michael Range
Miranda Savage
George
Stoffel su Toit
Claudia
Anne Krebs
Heidi Scrooby
Petrovna
Contact Us

Whale Coast Media

Gateway Centre, Hermanus, 7200

PO Box 79, Kleinmond 7195

T: (028) 312 2314

F: (086) 545-6903

M: admin@whalecoastfm.co.za

Facebook Like Box