Skip to content. | Skip to navigation

Personal tools

Navigation

You are here: Home / News / Latest News / AfriForum nader nou Wes-Kaap minister Carlisle vir honde-eenheid

AfriForum nader nou Wes-Kaap minister Carlisle vir honde-eenheid

Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandag ʼn versoek aan die minister van openbare werke in die Wes-Kaap, Robin Carlisle, gerig om te vra vir ʼn gebou vir die polisie se honde-eenheid in Hermanus.

Hierdie versoek word gerig na verskeie skrywes aan die kommissaris van polisie in die Wes-Kaap, luitenant-generaal Arno Lamoer.

“Die honde-eenheid werk steeds uit ʼn houer (container) in Hermanus en die honde word nie by die stasie gehuisves nie. Amptenare sê openbare werke het tot dusver steeds nie ʼn gebou geïdentifiseer vir die eenheid nie," het Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid gesê.

“Geweldsmisdaad in die gebied het die afgelope jaar met meer as 200% gestyg,” het Stefan Pretorius, AfriForum se provinsiale koördineerder in die Wes-Kaap gesê. 

Om betrokke te raak by AfriForum takke in jou omgewing, SMS jou dorp se naam na 45265.

 

Ian Cameron

Hoof: Gemeenskapsveiligheid

Filed under: , ,
Our Presenters
Mhlangabezi Sithonga
Adrian Louw
André Vaynol
David Lowe
Nelia Louw
Janet Marshall
Toekie Oberholzer
Pieter van Aswegen
Mik Long
Master Blaq
Daniel Morake
Bongo Mandoyi
Manie Kitching
Michael Range
Miranda Savage
George
Stoffel su Toit
Claudia
Anne Krebs
Heidi Scrooby
Petrovna
Contact Us

Whale Coast Media

Gateway Centre, Hermanus, 7200

PO Box 79, Kleinmond 7195

T: (028) 312 2314

F: (086) 545-6903

M: admin@whalecoastfm.co.za

Facebook Like Box