Skip to content. | Skip to navigation

Personal tools

Navigation

You are here: Home / News / Latest News / AfriForum vergader met sportminister oor kwotas

AfriForum vergader met sportminister oor kwotas

AfriForum het vandag tydens 'n vergadering met die minister van sport, Fikile Mbalula, 'n memorandum aan die minister oorhandig, waarin AfriForum se beswaar teen die toepassing van rassekwotas uiteengesit word.
Die minister is ook tydens die vergadering ingelig dat AfriForum beplan om amptelike klagtes teen die kwotastelsel by internasionale sportfederasies in te dien, aangesien die stelsel internasionale sportfederasies se verbod op rassediskriminasie oortree. Die vergadering het op uitnodiging van die minister plaasgevind in die ministerie se kantore in Pretoria.

Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, is 'n robuuste gesprek tydens die vergadering tussen die partye gevoer, waarin AfriForum en Solidariteit sterk standpunt teen rassekwotas ingeneem het. "Die partye kon nie tydens die vergadering tot 'n vergelyk kom oor die wenslikheid van die kwotastelsel nie en daarom is AfriForum genoodsaak om sy veldtog teen kwotas volstoom voort te sit," het Kriel gesê. Kriel het daarop gewys dat sy organisasie sal voortgaan om konstruktiewe gesprekke met die minister en plaaslike sportfederasies oor kwotas te voer, maar dat internasionale sportfederasies terselfdertyd gevra sal word om standpunt teen kwotas in te neem, sodat druk uitgeoefen kan word om die diskriminerende kwotastelsel uit Suid-Afrikaanse sport te weer.

As deel van AfriForum se veldtog word die publiek gevra om hulle name by amptelike klagtes teen die kwotastelsel, wat AfriForum by die Internasionale Rugbyraad en ander internasionale sportfederasies aanhangig gaan maak, te voeg. Koerant- en radio-advertensies, asook die sosiale media soos Facebook, Twitter en SMS'e word gebruik om die publiek aan te moedig om hulle name per SMS na 45343 te stuur of 'n petisie te onderteken by www.afriforum.co.za.

Volgens Kriel is die minister tydens die vergadering daarop gewys dat AfriForum ten gunste van sportontwikkeling is, sodat almal, ongeag ras, die geleentheid kan kry om aan sport deel te neem. ʼn Rassekwota-beleid dra volgens Kriel egter nie daartoe by om nuwe spelers te onwikkel nie en benadeel alle sportsterre. "Talentvolle swart spelers word benadeel deur kwotas omdat die geldigheid van hulle opname in die spanne voortdurend onder verdenking is, terwyl kwotas ook talentvolle jong wit spelers van geleenthede ontneem," het Kriel gesê.
 
Kallie Kriel
Uitvoerende hoof: AfriForum
Our Presenters
Mhlangabezi Sithonga
Adrian Louw
André Vaynol
David Lowe
Nelia Louw
Janet Marshall
Toekie Oberholzer
Pieter van Aswegen
Mik Long
Master Blaq
Daniel Morake
Bongo Mandoyi
Manie Kitching
Michael Range
Miranda Savage
George
Stoffel su Toit
Claudia
Anne Krebs
Heidi Scrooby
Petrovna
Contact Us

Whale Coast Media

Gateway Centre, Hermanus, 7200

PO Box 79, Kleinmond 7195

T: (028) 312 2314

F: (086) 545-6903

M: admin@whalecoastfm.co.za

Facebook Like Box